Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haai
haai [boodskap #128157] Sat, 26 October 2019 12:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haai.
'n Haai.
haai
Afbreking: haai
Uitspraak: /ɦɑːi/


Selfstandige naamwoord: haai
Meervoud: haaie
Verkleinwoord: haaitjie
Meervoud van verkleining: haaitjies

Betekenis:
• Seelewende roofvis met 'n kraakbeenagtige skelet, vyf tot sewe kieusplete weerskante van die kop en borsvinne wat nie aan die kop versmelt is nie.

Gebruik:
• Die man is tydens 'n visvanguitstappie deur 'n haai aangeval.

Afgelei:
• haainet
• haaitand
• haaitenk
• haaiversperring
• haaiwering

Vertaling:
Engels: shark
Nederlands: haai


Tussenwerpsel: haai

Betekenis:
• Groetvorm of uitroep om iemand se aandag te trek.

Gebruik:
Haai, hoe gaan dit met jou?

Vertaling:
Engels: hey!, hi!, hello
Nederlands: hallo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gunsteling
Volgende onderwerp: haas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 11:05:37 UTC 2024