Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gryp
gryp [boodskap #128154] Sa., 26 Oktober 2019 10:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gryp
Afbreking: gryp


Werkwoord: gryp
Verlede tyd: het gegryp
Teenwoordige deelwoord: grypend, grypende
Verlede deelwoord: gegrypte, gegrepe

Betekenis:
• Om iets hard en vinnig te vat; beetpak; omklem.

Gebruik:
• Die apies gryp die kos uit die mense se hande uit.

Spreekwoord:
• Iemand aan die nekvel gryp. [Iemand kwaai berispe.]
• Iets uit die lug gryp. [Nie grond vir 'n bewering hê nie.]
• 'n Drenkeling gryp na 'n strooihalm. [In nood soek 'n mens hulp by enigiets.]

Afgelei:
• gryparm
• grypbak
• grypbeweging
• grypdief
• grypend
• gryper
• gryphaak
• grypklou
• grypkraan
• gryppoot
• grypsug
• grypstert
• gryptoestel
• grypvoël
• grypwerktuig

Vertaling:
Engels: to grab, grip, snatch, seize, catch
Nederlands: grijpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: korpulent
Volgende onderwerp: grys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 23:51:17 UTC 2025