| grof [boodskap #128151] |
Sa., 26 Oktober 2019 08:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26566 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
grof
Afbreking: grof
Uitspraak: /χrɔf/
Byvoeglike naamwoord: grof
Vergrotende trap: growwer
Oortreffende trap: grofste
Attributief: growwe
Partitief: grofs
Betekenis:
• Wat nie besonder plat of gelyk is nie; hobbelrig en ongelyk.
• Wat lelik en ongemanierd is; onbeskaafd.
• Wat buitengewoon baie of erg is.
Gebruik:
• Die hout is te grof en moet eers glad geskuur word.
• Hy gebruik growwe taal.
• Sy het 'n growwe fout gemaak.
Sinoniem:
• skurf
Antoniem:
• glad
• fyn
Afgelei:
• grofgebou
• grofheid
• grofsmid
Vertaling:
Engels: coarse, rough; rude, crude, harsh, shameless; big, bad
Nederlands: grof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|