Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » graf
graf [boodskap #128146] Sat, 26 October 2019 06:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Grafte in 'n begraafplaas.
Grafte in 'n begraafplaas.
graf
Afbreking: graf
Uitspraak: /χraf/


Selfstandige naamwoord: graf
Meervoud: grafte
Verkleinwoord: graffie
Meervoud van verkleining: graffies

Betekenis:
• 'n Gat in die grond waarin 'n dooie mens of dier begrawe is; ruimte waarin 'n lyk bewaar of toegegooi word.

Gebruik:
• Die weduwee sit elke jaar blomme op haar man se graf.
• Die Sint-Pieterskerk in Rome is volgens oorlewerings op die graf van Petrus gebou.

Spreekwoord:
• Aan hierdie kant van die graf. [Terwyl iemand nog lewe.]
• Anderkant die graf Na die dood.]
• Die graf maak almal gelyk. [Die dood wis alle verskille tussen mense uit.]
• Een voet in die graf hê. [Baie oud wees; dodelik siek wees.]
• Hy grawe sy eie graf. [Hy bewerk self sy ondergang.]
• Hy grawe vir ander 'n graf. [Sy ondergang of ongeluk probeer bewerk.]
• Hy is 'n witgepleisterde graf. [Hy is skynheilig.]
• Hy staan met een been in die graf. [Naby die einde van sy lewe.]
• Hy swyg soos die graf. [Om die stilswye te bewaar.]
• Met een been in die graf staan. [Oud en afgeleef wees.]
• Oor iemand se graf loop. [Gesê as iemand sonder enige rede 'n koue rilling kry.]
• Sy sal in haar graf omdraai. [Die oorledene sou 'n betrokke saak sterk afgekeur het.]

Afgelei:
• grafkelder
• grafsteen
• grafskending
• grafskender
• grafskrif
• dubbelgraf
• familiegraf
• massagraf

Vertaling:
Engels: grave, tomb, sepulchre
Nederlands: graf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gordyn
Volgende onderwerp: grap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 11:11:38 UTC 2024