gordyn [boodskap #128145] |
Sat, 26 October 2019 05:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gordyn
Afbreking: gor•dyn
Selfstandige naamwoord: gordyn
Meervoud: gordyne
Verkleinwoord: gordyntjie
Meervoud van verkleining: gordyntjies
Betekenis:
• 'n Doek wat mens voor 'n venster hang en in die aand toetrek.
Gebruik:
• Trek die gordyn soggens oop om die lig in te laat.
Spreekwoord:
• Die gordyn oor iets laat val. [Nie verder daaroor praat nie.]
Afgelei:
• gordynmateriaal
• gordynkap
• gordynrelings
• gordynhaak
Vertaling:
Engels: curtain; blind
Nederlands: gordijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|