Tuis » Taal » Woordeboek » goeiemôre
goeiemôre [boodskap #128141] |
Sat, 26 October 2019 05:24 |
![](/images/custom_avatars/4607.png) |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
goeiemôre
Afbreking: goeie•mô•re
Samestelling: goeie + môre
Tussenwerpsel: goeiemôre
Betekenis:
• Groet iemand in die oggend (voor 12:00 in die middag).
Gebruik:
• Goeiemôre meneer, hoe gaan dit vanoggend?
Wisselvorm:
• goeiemore
Sinoniem:
• hallo
• dagsê
• dag
• haai (informeel)
• hoezit (slang)
• awê (slang)
Verwant:
• goeiedag
• goeienag
• goeiemiddag
• goeienaand
Vertaling:
Engels: good morning
Nederlands: goedemorgen
Nota:
• Groetwoorde wat met "goeie" begin word vas aan die daaropvolgende naamwoord geskryf – goeiemôre, goeiemiddag, goeienaand.
• Hoop u het 'n goeie dag (twee woorde) en ’n voorspoedige week.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Wed Feb 19 18:23:16 UTC 2025
|