Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nagmerrie
nagmerrie [boodskap #128127] Fri, 25 October 2019 14:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
nagmerrie
Afbreking: nag•mer•rie
Samestelling: nag + merrie


Selfstandige naamwoord: nagmerrie
Meervoud: nagmerries
Verkleinwoord: nagmerrietjie
Meervoud van verkleining: nagmerrietjies

Betekenis:
• 'n Nare en angswekkende droom.
• Iets wat mens ontstel; 'n skrikbeeld.

Gebruik:
• Ek laas nag die verskriklikste nagmerrie gehad dat ek van iets weghardloop, maar nie kon beweeg of asemhaal nie.
• Die maatskappy se finansiële state is 'n nagmerrie.

Spreekwoord:
• Dit is 'n nagmerrie. ['n Groot gemors.]

Sinoniem:
• angsdroom
• nagvrees

Vertaling:
Engels: nightmare; bugbear
Nederlands: nachtmerrie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pannekoek
Volgende onderwerp: gyselaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 10:33:09 UTC 2024