Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pannekoek
pannekoek [boodskap #128126] Fri, 25 October 2019 14:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pannekoek met spinasie en rys.
Pannekoek met spinasie en rys.
pannekoek
Afbreking: pan•ne•koek
Samestelling: pan + -e- + koek
Uitspraak: /ˈpɑnəˌkuk/


Selfstandige naamwoord: pannekoek
Meervoud: pannekoeke
Verkleinwoord: pannekoekie
Meervoud van verkleining: pannekoekies

Betekenis:
• 'n Plat, ronde baksel van meel, eier, melk en 'n klein bietjie sout wat in 'n pan met verhitte olie gebak word.

Gebruik:
Pannekoeke word dikwels met kaneelsuiker bestrooi of met 'n vulsel (soos maalvleis) opgerol voordat dit geëet word.

Afgelei:
• pannekoekagtig
• pannekoekbakker
• pannekoekbakster
• pannekoekbeslag
• pannekoeksmous

Vertaling:
Engels: pancake
Nederlands: pannenkoek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vliegveld
Volgende onderwerp: nagmerrie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 10:40:28 UTC 2024