Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kandidaat
kandidaat [boodskap #128124] Vr, 25 Oktober 2019 13:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kandidaat
Afbreking: kan•di•daat
Uitspraak: /ˌkan.diˈdɑːt/


Selfstandige naamwoord: kandidaat
Meervoud: kandidate
Verkleinwoord: kandidaatjie
Meervoud van verkleining: kandidaatjies

Betekenis:
• (politiek) Iemand wat homself in 'n politiek amp verkiesbaar stel.
• Iemand wat aansoek doen vir 'n pos of daarvoor in aanmerking kom.
• Iemand wat vir 'n eksamen of ander funksie aanmeld.

Gebruik:
• Die party wil sy aanslag verskerp deur 'n kandidaat in elke munisipaliteit in die land beskikbaar te stel.
• Daar was net een kandidaat vir die posisie.
• Net 30% van die kandidate het geslaag.

Sinoniem:
• applikant

Afgelei:
• kandidaatoffisier
• kandidaatprokureur
• kandidaatseksamen
• kandidaatskap

Vertaling:
Engels: candidate, nominee, applicant
Nederlands: kandidaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorspoedig
Volgende onderwerp: vliegveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 02:26:53 MGT 2024