pyl [boodskap #128115] |
Thu, 24 October 2019 19:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pyl
Afbreking: pyl
Selfstandige naamwoord: pyl
Meervoud: pyle
Verkleinwoord: pyltjie
Meervoud van verkleining: pyltjies
Betekenis:
• Langwerpige projektiel met skerp punt wat met 'n boog afgeskiet word.
• 'n Simbool wat rigting aandui.
Gebruik:
• Die Boesmans het bokke met 'n pyl en boog gejag.
• Die pyl op die padbord wys dat ons hier moet afdraai.
Spreekwoord:
• Hy het meer as een pyl op sy boog. [Meer as een middel om jou doel te bereik.]
Afgelei:
• pylpunt
• pylveer
• pylskag
Vertaling:
Engels: arrow, dart
Nederlands: pijl
Werkwoord: pyl
Verlede tyd: het gepyl
Betekenis:
• Vinnig op iets afbeweeg.
Gebruik:
• Die atleet pyl op die wenpaal af.
• Toe sy haar geliefde sien, pyl sy reguit op hom af.
Homofoon:
• peil (diepte of hoogte van iets vasstel)
Vertaling:
Engels: to shoot
Nederlands: schieten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|