Tuis » Taal » Woordeboek » gewig
gewig [boodskap #128112] |
Thu, 24 October 2019 06:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gewig
Afbreking: ge•wig
Selfstandige naamwoord: gewig
Meervoud: gewigte
Verkleinwoord: gewiggie
Meervoud van verkleining: gewiggies
Betekenis:
• 'n Aanduiding van hoe swaar iets of iemand is
• 'n Voorwerp met 'n vasgestelde swaarte waarmee mens oefen.
• Iets wat belangrik is.
• (wetenskap) Die krag waarmee 'n voorwerp na 'n massa toe aangetrek word.
Gebruik:
• Sy probeer gewig verloor.
• Hy stoot die gewig bokant sy kop uit.
• My mening dra geen gewig nie.
• 'n Voorwerp sal 'n groter gewig op Mars as op die Aarde hê, omdat Mars 'n groter gravitasiekrag het, terwyl die massa dieselfde bly.
Spreekwoord:
• Hy is sy gewig in goud werd. [Hy is baie bruikbaar.]
Afgelei:
• gewigloos
• gewigsvoordeel
• gewigtig
Verwant:
• massa
Vertaling:
Engels: weight; importance, moment
Nederlands: gewicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 18:19:18 UTC 2025
|