| kruid [boodskap #128109] |
Wo., 23 Oktober 2019 18:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kruid
Afbreking: kruid
Uitspraak: /krœi̯t/
Selfstandige naamwoord: kruid
Meervoud: kruie
Verkleinwoord: kruidjie
Meervoud van verkleining: kruidjies
Betekenis:
• 'n Plant wat geneeskragtig is of as spesery gebruik word.
• (botanies) 'n Nie-houtagtige plant.
Gebruik:
• Die bokrambossie is 'n medisinale kruid wat teen talle kwale gebruik word.
• 'n Kruid het sagte, groen stingels en blare.
Spreekwoord:
• Teen die dood groei geen kruid nie. [Daar is geen middel teen die dood nie.]
Hiponiem:
• basiliekruid
• geneeskruid
• geurkruid
• graweelkruid
• lewerkruid
• miltkruid
• mottekruid
• peperkruid
• skelkruid
• wolfskruid
Afgelei:
• kruidagtig
• kruidgewas
• onkruid
Homofoon:
• kruit (ontplofbare mengsel)
Vertaling:
Engels: herb, spice
Nederlands: kruid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|