Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geweer
geweer [boodskap #128085] Di, 22 Oktober 2019 06:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gewere
Gewere
geweer
Afbreking: ge•weer


Selfstandige naamwoord: geweer
Meervoud: gewere
Verkleinwoord: geweertjie
Meervoud van verkleining: geweertjies

Betekenis:
• Draagbare vuurwapen met 'n lang loop wat gebruik word om mee te skiet.

Gebruik:
• Druk die geweer se kolf styf teen jou skouer, mik en trek die sneller.

Spreekwoord:
• Probeer is die beste geweer. [Deur te probeer, bereik 'n mens jou doel.]
• Betyds keer is 'n goeie geweer. [Dis beter om moeilikheid te voorkom as om dit te probeer bestry.]
• Die jag is toe, maar die geweer se loop is oop. [Al is die jag toe, skiet sommige mense nog.]

Afgelei:
• geweerkolf
• geweerskoot
• haelgeweer
• jaggeweer
• masjiengeweer
• speelgoedgeweer

Verwant:
• roer
• voorlaaier
• windbuks

Vertaling:
Engels: gun, rifle
Nederlands: geweer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beige
Volgende onderwerp: roer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 03:17:21 MGT 2024