Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Afrikaans as moedertaal
Afrikaans as moedertaal [boodskap #10329 is 'n antwoord op boodskap #10330] Wed, 13 August 1997 00:00 na volgende boodskap
Japie van de Venter  is tans af-lyn  Japie van de Venter
Boodskappe: 3
Geregistreer: August 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
wat Afrikaans praat. Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook realisties wees,
die besigheids wêreld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie rooi
taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10330 is 'n antwoord op boodskap #10329] Wed, 13 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
JP wrote:

> Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
> nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
> wat Afrikaans praat.

In 'n artikel in "Time" word die volgende fases van taalsterwingen die
gepaardgaande kultuursterwing genoem:
1. Die jeug praat dit nie meer nie.
2. Net nog enkele ou mense praat dit.
3. Niemand praat dit meer nie.
Een van die redes wat gegee word, is die afbreek van isolasie
deur bv die elektroniese media. Heelwat tale het reeds totaal
uitgesterf. Tog is ek telkens verbaas hoedat tale kan voortleef
as ten minste die wat dit praat daarvoor omgee. Kyk gerus na
hoe die betreklik klein groepe van Italianers, Portugese, ens in
ons land nie hul taal prysgee nie. Miskien slaag hulle juis omdat
hulle nog hul kinders dit leer praat.

> Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
> Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook relisties wees,
> die besigheids wereld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie rooi
> taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.

Dit is sekerlik uiters belangrik dat ons kinders bedrewe met Engels
sal wees. Beteken dit dat dit ten koste van Afrikaans hoef te wees?
Die aanleer van twee en self drie tale is sekerlik nie geweldig
vermoeiend nie.

Sybrand Burger
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10342 is 'n antwoord op boodskap #10330] Thu, 14 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
JP wrote in article
...
> Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
> nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
> wat Afrikaans praat. Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
> Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook realisties wees,
> die besigheids wêreld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie
> rooi taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.

Liewe JP,

Jy skryf oor 'n gewigtige saak.

Ek dink baie soos jy. Die gebruik van Afrikaans op elke terrein van
die lewe gaan stadig verminder. Afrikaans sal later hoofsaaklik 'n
huistaal wees.

Die verdringer sal natuurlik Engels wees. Was dit maar enige ander
koloniale taal, sou die volgende waarskuwings nie nodig gewees het
nie.

Engels is die vandag se wereldtaal. Die geskiedenis van die wereld
het al heelwat sulke wereldtale opgelewer. Hier is enkele eienaardige,
dog uiters belangrike kenmerke van mense WIE SE moedertaal 'n
wereldtaal is.

1) Die meeste van hierdie mense is eentalig. Hulle sien eenvoudig
nie rede om ander tale as deel van hulle algemene opvoeding aan te
leer nie. Die gevolg is dat hulle domastrant optree wanneer dit gaan
om ander tale en die kultuur wat hulle verbeeld.

2) Die meeste van hierdie mense druk hulle gedagtes baie slordig.
in hulle taal uit. Hulle reken dat omdat hulle 'n wereldtaal gebruik,
almal behoort te weet wat hulle bedoel. Die gevolg is dat hulle hulself
geleidelik ontmagtig. Die uiteindelike gevolg is dat hierdie taal sy
wereldstatus verloor.

3) Die minderheid van hierdie mense wat wel hulle taal voortreflik
wil gebruik, sukkel veel meer as ander mense wat slegs hulle
lokale taal voortreflik gebruik. Miskien moet ek maar die metafoor
van 'n makrostraler gebruik. Dit is ontwerp om honderde passasiers
met een slag te vervoer. Die gevolg is dat min mense in staat is om
die makrostraler self te bestuur.

4) Al die sprekers van 'n wereldtaal word oorspoel met laegraadse
informasie. Dis soos 'n pendeltuig wat terugkeer na die atmosfeer.
Die wrywing en gevolglike ablasie (wegbranding) is geweldig. Om dit
te verhoed, bou die gebruikers om hulle teels wat weerstand bied teen
hierdie ablasie. Verder trek hulle alle antennas in wat ho"egraadse
kommunikasie sou verseker. Die gevolg is dat, net soos met die
pendeltuig gedurende die ablasie, geen ware kontak met ander mense
buite die pendeltuig (op die aarde) gemaak kan word nie.

Daar is besliste voordele daarin as 'n mens 'n wereldtaal goed
kan besig. (Ek het hulle nie gelys nie.) Maar daar is besliste
nadele daarin as 'n mens se moedertaal 'n wereldtaal is. (Ek het
vier van hulle gelys.) Vir my persoonlik is hierdie nadele so erg dat
ek bly is dat my moedertaal nie 'n wereldtaal is nie.

Die pynlikheid van hierdie waarheid is dat gedurende die isolasie
van die apartheidsjare (met Afrikaans as lingua franca vir Suidelike
Afrika) Afrikaans soos 'n wereldtaal vir haar moedertaalsprekers
geword het. Met ander woorde, die vier nadele wat ek hierbo
bespreek het, het kenmerkend van baie Afrikaansspekendes
geword. Dank God dat ons hiervan verlos kon word.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10343 is 'n antwoord op boodskap #10330] Thu, 14 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Daar's iets wat ek begin agterkom, en ek weet nie of dit net afsonderlike
gevalle is nie, of is hier 'n nuwe 'trend' onder die Afrikaanse jeug, dat hulle
liewer Engels wil praat?

Ek en my Afrikaanse buurman se seun loop mekaar in die straat raak, en ek groet
hom ewe vriendelik in Afrikaans. Hy gluur my aan en gee skaars antwoord. Later
die dag kuier hy by my kinders, en gesels baie lekker met my in Engels. My
dogter vertel my toe, dat die seun nie Afrikaans wil praat nie. Dit is die
ouers se taal, en vir tienderjariges is dit dus outyds en nie cool nie. Dit
behoort aan die vorige geslag, en hulle wil wegbreek daarvan.

Alles wat cool is, is mos van Amerika, volgens die jong geslag. Flieks, musiek,
taalgebruik, ens. Die outjie wil selfs sy ouers antwoord in Engels wanneer
hulle Afrikaans, hulle huistaal, met hom praat.

Ek het 'n soortgelyke gevoel onder ander jeugdiges ook al opgetel. Is daar van
julle met dieselfde ervarings?

Dis seker maar net hulle tienerjarige eksperimentasie en soek na identiteit, en
ek glo hulle sal in later jare terugkeer na hulle moedertaal.

Groete,
Vira.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10344 is 'n antwoord op boodskap #10330] Thu, 14 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil net nog gou iets byskryf, by my vorige epos hieroor:

Ek haat om te sê "julle", maar in hierdie geval moet ek nou. Julle Afrikaaners
moet asb waak daarteen, om julle kinders enigsins skuldig te laat voel oor
Apartheid. Ek is baie erstig, en voel sterk daaroor, omdat ek dit self ervaar
het in die Duitse konteks. By all means, waarsku hulle oor die gevare, leer
hulle wat julle glo reg or verkeerd is, maar as 'n nasie jong mense 'n skuld
las moet dra wat vir hulle te swaar is, ly hulle erg daaronder. En dikwels gaan
hulle na die een of ander kant se ekstreem (?) terwyl hulle worstel met hulle
gevoelens. Kyk net na die Neo-Nazi beweging in Duitsland. Hulle het 'n punt
bereik waar hulle blootweg weier om verdere skuld te dra, en hulle rug draai op
daardie swaar gewig waarmee hulle ge'saddle' is. Ek self het in my jeug die
kant toe en daai kant toe geworstel om dit alles te verwerk.

Op die ou end kom dit tog neer op die individu. maw, mens moet maar aanvaar
wie en wat jy is (jy kan nie aanhou weghol daarvan nie, soos party
"feel-gooders' [cf Leendert] probeer doen ). Mens moet jouself, jou ouers, jou
voorouers en almal probeer verstaan, die saak van hulle standpunt te probeer
sien, vergewe, en dan aangaan met elke dag se lewe tot die beste van jou
vermoëns. Dis maar in my eie ervaring. En ek het baie jare se swaardra aan
skuldgevoelens agter die blad. Te veel.

Liewe vriende, maak _Asseblief_ seker, as julle voor julle kinders gesels en
praat van "ons skuld" , "die skuld van die Afrikaners" ens, dat julle altyd ook
vir die kinders sê dat hulle nie betrokke was nie, hulle kan nie blameer word
nie. Maak baie seker dat hulle verstaan hulle was nie deel van die "ons" van
die verlede nie. As julle dit nie doen nie, is daar 'n groot kans dat die
kinders een dag die rug gaan draai op daardie verlede, daardie skuld, en dus op
julle, wat die skuld op hulle gepak het.

As volwassene, is jy in 'n groot mate "in control of your environment". As
kind, "you're at the mercy of it" . My ouers het in 1959 as Duitsers na 'n
Commonwealth land geimmigreer. Ek dink nou nog hulle moes hulle koppe laat lees
het, maar hulle weet vandag nog nie hoe dit deur die jare my as kind baie meer
seergemaak het as vir hulle. Vir bogenoemde redes. Engelse mense orals
(onderwysers, ouers van ander kinders ens) het hulle vingers na my gewys en
geskreeu "Nazi!" Hulle het dit nie aan my ouers gedoen nie. Dit self sou erg
genoeg gewees het, MAAR ek self was binne-in my vol skuldgevoelens wat my ouers
daar gesit het. Dit was toe "double-trouble" en ek sou dit nie aan my ergste
vyand toewens nie.

Ons kinders word groot in 'n land met 'n swart regering, swart onderwyseres,
selfs klein vriende en vriendinnetjies van wie die swart ouers dalk ook so iets
aan ons kinders sal sê wanneer ons nie daar is om hulle te ondersteun nie.
Waak daarteen dat hulle 'n dubbele las moet dra. Gee hulle eerder 'n bietjie
ammunisie vir selfverdediging, al is dit net op 'n innerlike vlak. (Ek hoop dit
word nie nou verkeerd opgeneem nie - ek probeer dit net stel uit die standpunt
van 'n kind).

Ek vra verskoning dat ek nou so aangaan hieroor, maar ek sien gevare vir jong
Afrikaner kinders wat ek alles sou doen om te vermy. Om as kind so groot te
word maak dit jou óf innerlik baie sterk, óf dit kan jou heeltemaal breek. Is
ieder een die moeite werd?

Jammer as ek gepreek het.
Beste bedoelings, wense en groete,
V.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10345 is 'n antwoord op boodskap #10330] Thu, 14 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
>> Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
>> nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
>> wat Afrikaans praat.

Wanneer 'n mens oor die voortbestaan van Afrikaans
praat, moet jy die gebruik daarvan in die kuberruimte in
die afgelope jare in die argument inbring. Veral vir mense
buite Suid-Afrika, wat tot kort gelede min kans gehad het
om Afrikaans te gebruik, word Afrikaans nou weer 'n
lewende taal : Hulle skryf aan hulle familielede binne SA
en hulle "ontmoet" en maak kubervriende binne en buite
SA. Skielik funksioneer hulle weer as "Afrikaners" en
deel intiem in die SA lewe. Ek onthou omtrent 'n jaar of
so gelede, toe daar baie slegte vloede in Pretoria was
dieselfde tyd dat daar ook vloedskade aan die anderkant
van Ottawa was, dat ek eintlik meer in kontak was met wat
in Pretoria gebeur (omdat die Apiesrivier vlak by my suster
se woonstel verbyloop en dit haar en ons dus bekommerd
gemaak het) as wat aan die oostekant van Ottawa gebeur.
Oor of kinders sal aangaan om Afrikaans te praat?
Uit ondervinding weet ek dat kinders die taal aanleer van die
kinders waarmee hulle speel, nie die taal wat hulle ouers met
mekaar praat nie. Ons het twee kinders uit SA na Kanada
gebring die tweede keer toe ons geëmigreer het: een van drie
jaar oud wat net Afrikaans kon praat, geen Engels nie. Die
ander een was tien maande oud. Binne 'n paar maande het
ons dogtertjie vlot Engels kon praat. Die jonger seuntjie het
amper niks gepraat nie tot hy omtrent agtien maande oud
was. Toe merk ons op dat hy en ons driejarige dogtertjie
Engels met mekaar praat, terwyl sy nog vlot Afrikaans met
ons praat. (Ek weet nie of hierdie rol van sy suster as mentor
vir hom die indruk gegee het dat hy alles moet doen soos sy
dit doen nie. Maar hy het begin lees op vier en 'n half jaar,
op presies dieselfde tyd dat sy op ses jaar leer lees het. Hy het
ook sommer een dag op die fiets geklim en gery sonder om
nou enige oefenperiode deur te gaan soos ander mense - ons
reken ook as gevolg van die feit dat sy suster dieselfde tyd begin
het om fiets te ry.) Ek dink dus dis baie belangrik vir die behoud
van Afrikaans om seker te maak dat jou kinders Afrikaanse
speelmaats het.

Gloudina
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10346 is 'n antwoord op boodskap #10330] Thu, 14 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
AM de Lange skryf:

> JP skryf:
>> . . . Afrikaans sal nie nou al uitsterf
>> nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
>> wat Afrikaans praat. . . .

> . . . Die pynlikheid van hierdie waarheid is dat gedurende die
> isolasie
> van die apartheidsjare (met Afrikaans as lingua franca vir Suidelike
> Afrika) Afrikaans soos 'n wereldtaal vir haar moedertaalsprekers
> geword het. . . . Dank God dat ons hiervan verlos kon word.

Dit is 'n welkome verlossing. Ons het oor baie jare
gemaklik en lui geraak. Dit was te maklik terwyl die staat
deur die onderwysstelsel omgesien het na ons kinders se taal- en
godsdiens-opvoeding. Ons het verleer om self "om te gee".
Ek is soms bang dat ons nie meer het wat vereis word vir
die genesing nie. Dit maak my bang as mense maar net
oorgee en die maklike uitweg kies. Wat jy sê oor die
gebruikers van een taal en dan boonop 'n wêreldtaal, is baie
duidelik. Dit sal jammer wees as ons kinders so "gebreklik"
moet ontwikkel. Die Duitse spreekwoord wat neerkom op
"Hoe meer tale ek ken, hoe meer is ek mens" maak nou vir
my meer sin.

Sybrand
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10358 is 'n antwoord op boodskap #10330] Fri, 15 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
vi...@iafrica.com (V) wrote:

> Ek wil net nog gou iets byskryf, by my vorige epos hieroor:
>
> Ek haat om te sê "julle", maar in hierdie geval moet ek nou. Julle Afrikaaners
> moet asb waak daarteen, om julle kinders enigsins skuldig te laat voel oor
> Apartheid. Ek is baie erstig, en voel sterk daaroor, omdat ek dit self ervaar
...
>
> Ek vra verskoning dat ek nou so aangaan hieroor, maar ek sien gevare vir jong
> Afrikaner kinders wat ek alles sou doen om te vermy. Om as kind so groot te
> word maak dit jou óf innerlik baie sterk, óf dit kan jou heeltemaal breek. Is
> ieder een die moeite werd?
>
> Jammer as ek gepreek het.
> Beste bedoelings, wense en groete,
> V.
>

Knap gesê Vira! Dankie.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10359 is 'n antwoord op boodskap #10330] Fri, 15 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> Wanneer 'n mens oor die voortbestaan van Afrikaans
> praat, moet jy die gebruik daarvan in die kuberruimte in
> die afgelope jare in die argument inbring. Veral vir mense
> buite Suid-Afrika, wat tot kort gelede min kans gehad het
> om Afrikaans te gebruik, word Afrikaans nou weer 'n
> lewende taal : Hulle skryf aan hulle familielede binne SA
> en hulle "ontmoet" en maak kubervriende binne en buite
> SA. Skielik funksioneer hulle weer as "Afrikaners" en
> deel intiem in die SA lewe.

Liewe Gloudina

Afrikaans word in huisgesinne herskep, van geslag tot
geslag. As ouers nie van babadae af met hulle kinders
keurige Afrikaans praat nie, sal die kinders nie in die taal
leer skep nie. Dit help nie om met Afrikans te begin
wanneer 'n mens gereed is om die kuberriumte in te vaar
nie.

> Oor of kinders sal aangaan om Afrikaans te praat?
> Uit ondervinding weet ek dat kinders die taal aanleer van die
> kinders waarmee hulle speel, nie die taal wat hulle ouers met
> mekaar praat nie. Ons het twee kinders uit SA na Kanada
> gebring die tweede keer toe ons geëmigreer het: een van drie
> jaar oud wat net Afrikaans kon praat, geen Engels nie. Die
> ander een was tien maande oud. Binne 'n paar maande het
> ons dogtertjie vlot Engels kon praat. Die jonger seuntjie het
> amper niks gepraat nie tot hy omtrent agtien maande oud
> was. Toe merk ons op dat hy en ons driejarige dogtertjie
> Engels met mekaar praat, terwyl sy nog vlot Afrikaans met
> ons praat.

Hier sit jy uiteen wat ek bedoel.

> Ek dink dus dis baie belangrik vir die behoud
> van Afrikaans om seker te maak dat jou kinders Afrikaanse
> speelmaats het.

Ek onthou dat ek 'n ruk terug onder andere die volgende
geskryf het:
Daar is vyf dinge wat uitsonderlik by die mens se kreatiwiteit
ontluik het:
1 Om die bestaan nie-spontane dinge deur WERK te forseer.
2 Om met eerbied, verwondering en nuuskierigheid met die
EKSEMPLAAR te peuter.
3 Om PROBLEEM-OPLOSsend die toekoms te probeer
beinvloed
4 Om deur SPEL die essensies van die lewe te geniet.
5 Om medemense deur GESPREK op te roep tot ubuntu.
Die dag wanneer ons een of meer van hierdie vyf dinge as
benede ons menswees ag, het ons finaal androgene geword.

Jy het so pas een van die vyf dinge bespreek. Ons moet
egter van ons kinders se babadae af aan al vyf aspekte
aandag gee. As ek een van die vyf moet beklemtoon, sal
dit gesprek wees. Praat met die kinders. Die dag as julle
goed genoeg 'n praatkultuur by hulle laat ontluik het, sal
julle dit weet. Julle sal in die stilligheid wens dat julle ore
dit sal kan hou.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10360 is 'n antwoord op boodskap #10330] Fri, 15 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
> Daar's iets wat ek begin agterkom, en ek weet nie of dit net afsonderlike

> gevalle is nie, of is hier 'n nuwe 'trend' onder die Afrikaanse jeug, dat hulle
> liewer Engels wil praat?

Dit is druk van die portuurgroep. Leer jou kind hoe om
sulke druk te kan verwerk sonder om self te verloor.

> Ek en my Afrikaanse buurman se seun loop mekaar in die straat raak, en ek groet
> hom ewe vriendelik in Afrikaans. Hy gluur my aan en gee skaars antwoord. Later
> die dag kuier hy by my kinders, en gesels baie lekker met my in Engels. My
> dogter vertel my toe, dat die seun nie Afrikaans wil praat nie. Dit is die
> ouers se taal, en vir tienderjariges is dit dus outyds en nie cool nie. Dit
> behoort aan die vorige geslag, en hulle wil wegbreek daarvan.

Hulle is skaam vir alles wat deur Afrikaans sprekendes gedoen is.
Hulle wil nie daarmee geassosieer wees nie.

> Alles wat cool is, is mos van Amerika, volgens die jong geslag. Flieks, musiek,
> taalgebruik, ens. Die outjie wil selfs sy ouers antwoord in Engels wanneer
> hulle Afrikaans, hulle huistaal, met hom praat.

Hulle wil graag suksesvol wees. Die Amerikaners weet hoe
om enige bol mis as 'n sukses aan te bied.

> Ek het 'n soortgelyke gevoel onder ander jeugdiges ook al opgetel. Is daar van
> julle met dieselfde ervarings?
>
> Dis seker maar net hulle tienerjarige eksperimentasie en soek na identiteit, en
> ek glo hulle sal in later jare terugkeer na hulle moedertaal.

Net maar tot dieselfde graad as toe hulle daarvan weg geswenk het.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10361 is 'n antwoord op boodskap #10330] Fri, 15 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
> Ek wil net nog gou iets byskryf, by my vorige epos hieroor:
>
> Ek haat om te sê "julle", maar in hierdie geval moet ek nou. Julle Afrikaaners
> moet asb waak daarteen, om julle kinders enigsins skuldig te laat voel oor
> Apartheid. Ek is baie erstig, en voel sterk daaroor, omdat ek dit self ervaar
> het in die Duitse konteks. By all means, waarsku hulle oor die gevare, leer
> hulle wat julle glo reg or verkeerd is, maar as 'n nasie jong mense 'n skuld
> las moet dra wat vir hulle te swaar is, ly hulle erg daaronder.

> Liewe vriende, maak _Asseblief_ seker, as julle voor julle kinders gesels en
> praat van "ons skuld" , "die skuld van die Afrikaners" ens, dat julle altyd ook
> vir die kinders sê dat hulle nie betrokke was nie, hulle kan nie blameer word
> nie



> Hulle het dit nie aan my ouers gedoen nie. Dit self sou erg
> genoeg gewees het, MAAR ek self was binne-in my vol skuldgevoelens wat my ouers
> daar gesit het. Dit was toe "double-trouble" en ek sou dit nie aan my ergste
> vyand toewens nie.
>
> Ons kinders word groot in 'n land met 'n swart regering, swart onderwyseres,
> selfs klein vriende en vriendinnetjies van wie die swart ouers dalk ook so iets
> aan ons kinders sal sê wanneer ons nie daar is om hulle te ondersteun nie.
> Waak daarteen dat hulle 'n dubbele las moet dra. Gee hulle eerder 'n bietjie
> ammunisie vir selfverdediging, al is dit net op 'n innerlike vlak. (Ek hoop dit
> word nie nou verkeerd opgeneem nie - ek probeer dit net stel uit die standpunt
> van 'n kind).
>
> Ek vra verskoning dat ek nou so aangaan hieroor, maar ek sien gevare vir jong
> Afrikaner kinders wat ek alles sou doen om te vermy. Om as kind so groot te
> word maak dit jou óf innerlik baie sterk, óf dit kan jou heeltemaal breek. Is
> ieder een die moeite werd?
>
> Jammer as ek gepreek het.
> Beste bedoelings, wense en groete,

Liewe Vira

Wat 'n wonderlike preek wat spreek van ervaring. Maak 'n
afskrif daarvan en versprei dit.

Dis hoe ek en my vrou min of meer ons 5 kinders geleer het -
dat Apartheid sy gat gaan sien - dat hulle weet hoekom -
en dat hulle weet wat om daarna te doen. Nou is hulle groot.

Baie van hulle maats staan verwonderd. Hulle medewerkers
van ander kleure netso. Hulle wonder hoekom ons kinders
so vasberade is - hoekom hulle nie die Azazel speletjie wil
speel nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10362 is 'n antwoord op boodskap #10330] Fri, 15 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Sybrand Burger wrote in article
...
> AM de Lange skryf:
>> . . . Die pynlikheid van hierdie waarheid is dat gedurende die
>> isolasie van die apartheidsjare (met Afrikaans as lingua franca
>> vir Suidelike Afrika) Afrikaans soos 'n wereldtaal vir haar
>> moedertaalsprekers geword het. . . .
>> Dank God dat ons hiervan verlos kon word.
>
> Dit is 'n welkome verlossing. Ons het oor baie jare
> gemaklik en lui geraak.

Eintlik veel erger - ons het veel van ons kreatiwiteit verloor.

> Dit was te maklik terwyl die staat
> deur die onderwysstelsel omgesien het na ons kinders se taal- en
> godsdiens-opvoeding. Ons het verleer om self "om te gee".

Hier bevestig jy dit. Die hoogste vlak waartoe menslike kreatiwiteit
kan ontluik is die "omgee vlak". Hoe mee ons kreatiwiteit verloor, hoe
meer verbrokkel die "omgee vlak".

> Ek is soms bang dat ons nie meer het wat vereis word vir
> die genesing nie.

Ons moet nooit ophou leer nie - dan sal dit weer goed gaan.
Domastrantheid is die infeksie wat genesing wegweer.

> Dit maak my bang as mense maar net
> oorgee en die maklike uitweg kies.

Ander toelaat om vit jou te skep.

> Wat jy sê oor die
> gebruikers van een taal en dan boonop 'n wêreldtaal, is baie
> duidelik.

Ek het pertinent dinge gelys wat onafhanklik van my deur
ander mense raak gesien is.

> Dit sal jammer wees as ons kinders so "gebreklik"
> moet ontwikkel.

Elke Afrikaanssprekende moet alles in die stryd werk om te
keer dat dit met sy/haar kinders gebeur.

> Die Duitse spreekwoord wat neerkom op
> "Hoe meer tale ek ken, hoe meer is ek mens" maak nou vir
> my meer sin.

Dis 'n wonderlike spreuk. Amper soos
"In ander mense leer ek myself ken".

Alles wat goed is.
At de lange
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10369 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sat, 16 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
At het geskrywe:

> Wat 'n wonderlike preek wat spreek van ervaring. Maak 'n
> afskrif daarvan en versprei dit.
>
> Dis hoe ek en my vrou min of meer ons 5 kinders geleer het -
> dat Apartheid sy gat gaan sien - dat hulle weet hoekom -
> en dat hulle weet wat om daarna te doen. Nou is hulle groot.

snip.

At, (en Wen), baie dankie vir julle antwoorde. Ek waardeer dit. Ek moet
toegee, ek't so bietjie "stooopid" gevoel na my uitbarsting.

Dit is wonderlik dat jy jou kinders so grootgemaak het. Dat hulle geweet het
wat om te verwag (re Apartheid), en hoekom. Maar ek voel daar's iets anders
ook wat belangrik is. (Verstaan asb, dis maar net my *persoonlike* ervaring.)

Behalwe die negatiewe aspekte van Apartheid, moet daar ook iets positiefs aan
die kinders gesê word, van hulle verlede. Dis op die ou end wat my die meeste
gehelp het - deur die massa slegte dinge wat gesê en geskryf is oor die Nazis,
die Duitse volk, ens., is daar hier en daar 'n geringe goeie ietsie
geglinster. Ek het die nietigheidtjies bymekaar gemaak, tot ek oor die jare
stadig begin beter voel. Dit sal nooit die skuld en skandalige dade wegneem
nie, maar dit het gehelp om myself en my agtergrond te kan aanvaar. My oupa
het gelukkig niks met die Jode te doen gehad nie, hy was in Prag, Stalingrad en
Leningrad gewees. Maar ek sal nooit 'n familieportret op my muur kan hang nie.
Ek het daarvan. Pragtig. Almal is daar - mans en vrouens - lank, blond en
mooi, soos hulle trots en regop staan in hulle Nazi uniforms, 'n blink Swastika
die enigste juweelstuk. Elkeen van hulle is dood in WW2. Of vermis. Was almal
van hulle vreeslike, slegte mense gewees? Hulle lyk nie so nie. Daar moes tog
ook iets goeds gewees het? Ideale? Wat? Ek sal nooit die antwoorde hê nie.

Wat ek hiermee wil sê, is dat daar seker iets goeds was aan Apartheid, of die
ideale daarvan, iets wat sleg uitgewerk het, of êrens verdraai of omgekeer is?
Weereens, het ek nie baie antwoorde nie, maar dit is die dinge wat ook aan die
jong mense van Suid Afrika gesê moet word. Met ander woorde, hulle moet albei
kante van die saak vertel word, sodat hulle 'n balanseerde prentjie kan vorm.
Anders gaan hulle glo dat alles van hulle voorouers sleg was. In my geval, het
dit die uitwerking gehad dat ek gedink het die wortels van hierdie boom was
vrot, dus is die boom ook nikswerd nie, en jare geworstel met 'n
minderwaardigheidsgevoel.

Veral, -en dis ongelukkig waar - omdat daar lafhartige volwassenes is, wat
hulle haat aan kinders uitlaat, al sou hulle nie waag om vir ander volwassenes
enigiets te sê nie.

Die kinders van vandag sal vir die res van hulle lewens hoor van die gruwelike
dade van Apartheid. Dis ons geslag, terwyl ons nog lewe, wat verduidelikings
en redes aan die kinders moet gee, sodat hulle in die toekoms kan antwoord op
aantygings wat vir baie jare nog gaan kom. Ons moet eerlik wees, en vir hulle
verklaar _waarom_ daar mense was wat geglo het Apartheid is die beste uitweg.
Ek het al baie gewens ek kon met my oupa gesels het, en by hom gehoor wat sy
redes was. Ek wens hy het vir my 'n paar antwoorde gelaat, en nie net die
tekens van Nazisme nie, wat later 'n duiwelse ding geword het. Wat ek van hom
gehoor het, was hy 'n eerbare, respektabele man, deur baie as 'n held gesien,
slim, hardwerkend, met 'n groot liefde vir sy familie. Kan so 'n man so sleg
gewees het?

Elke Afrikaner moet dus nie net skuldgevoelens aan sy kinders oordra nie, maar
-baie meer belangrik - verduidelikings. Waar het goeie bedoelings gefaal,
vertel wat die menslike swakhede was - dit sal vir die jong geslag makliker
wees om te verstaan en aanvaar, as om niks te sê daarvan nie, en later as pure
euwel gestempel te word.

Liefde groete,
Vira.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10370 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sat, 16 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/16/97 10:49PM, in message , "Joubert Nel"
wrote:

>
>> dogter vertel my toe, dat die seun nie Afrikaans wil praat nie. Dit is die
>> ouers se taal, en vir tienderjariges is dit dus outyds en nie cool nie. Dit
>> behoort aan die vorige geslag, en hulle wil wegbreek daarvan.
>
> Wie't vir jou gesê dat ons wil wegbreek daarvan?

Joubert,

ek dink jy't die essensie van my brief misverstaan, of ek het myself nie goed
uitgedruk nie. Indien wel, vra ek verskoning, en sal probeer om die saak reg te
stel. Ek het bogenoemde nie as 'feit' vertel nie, maar as 'n indruk, wat ek
onder 'sommige' tienderjaries opgemerk het. As dit die verkeerde indruk is wat
ek gekry het, is ek al te bly, en trots op die Afrikaanse jeug.

>
> taal is 'n kommunikasiemiddel wat aangewend word om sukses te
> behaal. Ek verstaan nie (rationeel gesproke) waarom jy dit verafgod nie...
>

Huh? Verafgod?

Ja, taal is 'n "kommunikasiemiddel", maar dink jy nie dis dalk bietjie meer as
dit nie?

> Jou voorouers het tog 'n ander taal gepraat. Hollands, Engels, Frans,
> Spaans, Japanees, Russies, wat ook al. Dink jy hulle sou in hulle grafte
> omgedraai het omdat jy hulle herkoms "verraai" het.
>
Ek dink hulle spin nog steeds.

> Kom aan. Sien die saak in perspektief asb.
>
>
Dankie Engel, ek sal my bes doen.

Groete,
Vira.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10371 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sat, 16 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joubert Nel  is tans af-lyn  Joubert Nel
Boodskappe: 3
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Vira,

V wrote in article ...

> Daar's iets wat ek begin agterkom, en ek weet nie of dit net afsonderlike
> gevalle is nie, of is hier 'n nuwe 'trend' onder die Afrikaanse jeug, dat hulle
> liewer Engels wil praat?

>
> Ek en my Afrikaanse buurman se seun loop mekaar in die straat raak, en ek groet
> hom ewe vriendelik in Afrikaans.  Hy gluur my aan en gee skaars antwoord. Later
> die dag kuier hy by my kinders, en gesels baie lekker met my in Engels.  My

Het jy met hom Afrikaans teruggepraat? Indien wel, wat's die probleem,
solank julle mekaar kan verstaan - jy sê immers dat julle lekker gesels
het.

> dogter vertel my toe, dat die seun nie Afrikaans wil praat nie. Dit is die
> ouers se taal, en vir tienderjariges is dit dus outyds en nie cool nie. Dit
> behoort aan die vorige geslag, en hulle wil wegbreek daarvan.

Wie't vir jou gesê dat ons wil wegbreek daarvan?

>
> Alles wat cool is, is mos van Amerika, volgens die jong geslag. Flieks,
musiek,

Vir hoeveel jonges het jy al gevra of alles wat kewl is van die States af
kom? Neem musiek - het jy die vaagste benul hoeveel daarvan kom van Euro,
Australasië, SA, Indië, en ander wêrelddele af? Flieks; baie van ons
verkies Europese flieks maar daar word baie meer Amerikaanse flieks hier
gewys.

> taalgebruik, ens. Die outjie wil selfs sy ouers antwoord in Engels wanneer

> hulle Afrikaans, hulle huistaal, met hom praat.

Taal is 'n kommunikasiemiddel. Wat wil jy hê moet dit wees?

>
> Ek het 'n soortgelyke gevoel onder ander jeugdiges ook al opgetel. Is daar van
> julle met dieselfde ervarings?
>
> Dis seker maar net hulle tienerjarige eksperimentasie en soek na identiteit, en
> ek glo hulle sal in later jare terugkeer na hulle moedertaal.

Ek woon in 'n AFrikaanse huis, het na 'n AFrikaanse laerskool gegaan, na 'n
Engelse Hoërskool, en swot nou my graad in Engels.

Dis 'n kommersiële besluit. Punt. Wat's die probleem? Soos ek hierbo
uitgelig het, taal is 'n kommunikasiemiddel wat aangewend word om sukses te
behaal. Ek verstaan nie (rationeel gesproke) waarom jy dit verafgod nie...

Jou voorouers het tog 'n ander taal gepraat. Hollands, Engels, Frans,
Spaans, Japanees, Russies, wat ook al. Dink jy hulle sou in hulle grafte
omgedraai het omdat jy hulle herkoms "verraai" het.

Kom aan. Sien die saak in perspektief asb.

Joubert

>
> Groete,
> Vira.
>
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10372 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sat, 16 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Vira,

Dankie vir 'n belangrike bydrae.

Ek self gaan natuurlik verder as jy:

V wrote in article
...
> Ek wil net nog gou iets byskryf, by my vorige epos hieroor:
>
> Ek haat om te sê "julle", maar in hierdie geval moet ek nou. Julle Afrikaaners
> moet asb waak daarteen, om julle kinders enigsins skuldig te laat voel oor
> Apartheid. Ek is baie erstig, en voel sterk daaroor, omdat ek dit self ervaar
> het in die Duitse konteks. By all means, waarsku hulle oor die gevare, leer
> hulle wat julle glo reg or verkeerd is, maar as 'n nasie jong mense 'n skuld
> las moet dra wat vir hulle te swaar is, ly hulle erg daaronder. En dikwels gaan
> hulle na die een of ander kant se ekstreem (?) terwyl hulle worstel met hulle
> gevoelens. Kyk net na die Neo-Nazi beweging in Duitsland. Hulle het 'n punt
> bereik waar hulle blootweg weier om verdere skuld te dra, en hulle rug draai op
> daardie swaar gewig waarmee hulle ge'saddle' is. Ek self het in my jeug die
> kant toe en daai kant toe geworstel om dit alles te verwerk.

Ek dink dat die Neo-Nazibeweging in Duitsland meer is as 'n ontkenning is
van die geskiedenis - dit word 'n viering van iets wat boos is.

Dis eintlik eenvoudig. As jy aanmekaar vertel word hoe boos jy is, het jy
net twee keuses - jy vernietig jouself of jy verhef dit wat ander as "boos"
beskou tot 'n norm van die goeie. Geen mens en geen groep kan oorleef
sonder 'n selfbeeld wat vir homself aanvaarbaar is nie. Hy kan, desnoods,
heel goed oorleef sonder die goedkeuring van ander.

Ek reken dat hierdie verskynsel ook gedurende apartheid voorgekom het. 'n
idee/stelsel wat vol menslike gebreke was, maar wat minder gebreke gehad
het as _enige_ van die alternatiewe wat in daardie stadium beskikbaar was,
het vir sommige iets heilig geword, wat ten alle koste verdedig moes word.
Dit was juis omdat "apartheid" 'n geweldige emosionele kwessie geword het.

Apartheid moes nie net die las van sy eie gebreke dra nie, maar ook die van
"apartheid". "Apartheid" was die nuttige fokus vir die skuldgevoelens van
die ganse wêreld. Vir Indië was dit 'n fokuspunt om die aandag van sy eie
mense weg te lei van sy eie interne onsekerhede en die plofbaarheid
inherent aan sy eie kastestelsel (apartheid kwadraat) en geodsdienstige en
etniese verdelings om te kan beweer dat daar een bestaan wat nog erger is.
Dit is waarom Indië se eerste optrede na sy onafhanklikheid gerig was teen
"apartheid". Vir die koloniale moonthede van Europa was dit manna uit die
hemel om die aandag af te lei van hul eie (dikwels uiters onlangse)
booshede. Iets waaran hulle die vinger kon wys as hul voormalige kolonies
te veel eise begin stel. Iets waaroor hulle "solidariteit" kon vertoon met
hul voormalige kolonies. Vir Afrika was dit die enigste saak waarmee hulle
in die ganse bestaan van die OAE die illusie van "eenheid" kon voorhou. Om
nie te praat van die gruwelike skynheiligheid van die Amerikaners,
Australiërs, Kanadese en Nieu-Zeelanders wat in daardie selfde tyd moes
begin om op die eise van die "first peoples" en die voormalige
slawebevolkings in hul eie lande te antwoord nie.

"Apartheid" was die bok vir Azazel vir elke meningsvormer op vyf
kontinente. Die "skandaal" van "apartheid" is dat apartheid, met sy
onteenseglike eie booshede, eintlik weinig te doen gehad het met
"apartheid".

>
> Op die ou end kom dit tog neer op die individu. maw, mens moet maar aanvaar
> wie en wat jy is (jy kan nie aanhou weghol daarvan nie, soos party
> "feel-gooders' [cf Leendert] probeer doen ). Mens moet jouself, jou ouers, jou
> voorouers en almal probeer verstaan, die saak van hulle standpunt te probeer
> sien, vergewe, en dan aangaan met elke dag se lewe tot die beste van jou
> vermoëns. Dis maar in my eie ervaring. En ek het baie jare se swaardra aan
> skuldgevoelens agter die blad. Te veel.

Die een ding wat noodsaaklik is, is om te probeer perspektief behou. My
perspektief is soos volg:

1 'n Swart regering in Suid-Afrika voor die val van die USSR sou 'n veel
erger alternatief wees as die regering wat ons wel gehad het.

2 Boos soos die wit regering in SA was, was hy nie boser as vele ander nie,
insluitende die wat hom as hule eie morele weerligafleier gebruik het.

3 As my verkose verteenwoordiger 'n paar miljoen verduister, hou niemand my
daarvoor verantwoordelik nie, ongeag of ek dit vermoed het of nie. As hy 'n
moord pleeg moet ek daarvoor instaan?

4 Die vermetele vingers wat die Gloudinas, die Borrainges en die Winnies
wys, wys op die ou einde veel duideliker terug na hulself. Dit lei die
aandag af van hul eie morele bankrotskap.

5 Politici van die nuwe bedelings sal tot in lengte van dae probeer om hul
eie tekortkominge te blameer op hul voorgangers - soos politici regoor die
wêreld.

>
> Liewe vriende, maak _Asseblief_ seker, as julle voor julle kinders gesels en
> praat van "ons skuld" , "die skuld van die Afrikaners" ens, dat julle altyd ook
> vir die kinders sê dat hulle nie betrokke was nie, hulle kan nie blameer word
> nie. Maak baie seker dat hulle verstaan hulle was nie deel van die "ons" van
> die verlede nie. As julle dit nie doen nie, is daar 'n groot kans dat die
> kinders een dag die rug gaan draai op daardie verlede, daardie skuld, en dus op
> julle, wat die skuld op hulle gepak het.
>
> As volwassene, is jy in 'n groot mate "in control of your environment". As
> kind, "you're at the mercy of it" . My ouers het in 1959 as Duitsers na 'n
> Commonwealth land geimmigreer. Ek dink nou nog hulle moes hulle koppe laat lees
> het, maar hulle weet vandag nog nie hoe dit deur die jare my as kind baie meer
> seergemaak het as vir hulle. Vir bogenoemde redes. Engelse mense orals
> (onderwysers, ouers van ander kinders ens) het hulle vingers na my gewys en
> geskreeu "Nazi!"

Yep. Ons sien dit hier ook. Daar is nie regtig verskil tussen die
Gloudinas, die Totmesies, en die Adkinse van die wêreld nie. Almal gebruik
vooroordeel as plaasvervanger vir oordeel.

Maar dit is juis hieroor dat mens jou kinders nie net moet leer dat hulle
nie verantwoordelik is vir die sondes van die vaders nie. Jy moet hulle ook
leer om die sondes van die vaders in perspektief te sien. En daardie
perspektief mag nooit die perspektief wees van mense wat voordeel kan trek
daaruit om jou kinders te laat skuldig voel nie. Hoe onbereikbaar 'n
"objektiewe" historiese perspektief ookal is, is dit die enigste een om te
probeer najaag. Enige ander een is bloot 'n verskoning om leuens te glo.

Ons kinders se redding sal wees 'n intensiewe kennis van die geskiedenis -
nie die "gesuiwerde" vaderlandsgeskiedenis waarmee ons gesus is nie. Ook
nie die gesuiwerde strugglegeskiedenis wat sommiges hier verkondig nie. 'n
Omvangryke kennis van die geskienis van die soveel historiese en
kontemporêre bevolkings as moontlik regoor die wêreld. En veral, in goeie
kennis van die geskiedenis van elkeen wat geluide maak oor "apartheid".

Sulke kennis is al wat ons kinders perspektief sal gee. Dit is veelseggend
dat geskiedenis as vak juis nou in die skole afgeskaf word.

> Hulle het dit nie aan my ouers gedoen nie. Dit self sou erg
> genoeg gewees het, MAAR ek self was binne-in my vol skuldgevoelens wat my ouers
> daar gesit het. Dit was toe "double-trouble" en ek sou dit nie aan my ergste
> vyand toewens nie.
>
> Ons kinders word groot in 'n land met 'n swart regering, swart onderwyseres,
> selfs klein vriende en vriendinnetjies van wie die swart ouers dalk ook so iets
> aan ons kinders sal sê wanneer ons nie daar is om hulle te ondersteun nie.
> Waak daarteen dat hulle 'n dubbele las moet dra. Gee hulle eerder 'n bietjie
> ammunisie vir selfverdediging, al is dit net op 'n innerlike vlak. (Ek hoop dit
> word nie nou verkeerd opgeneem nie - ek probeer dit net stel uit die standpunt
> van 'n kind).
>
> Ek vra verskoning dat ek nou so aangaan hieroor, maar ek sien gevare vir jong
> Afrikaner kinders wat ek alles sou doen om te vermy. Om as kind so groot te
> word maak dit jou óf innerlik baie sterk, óf dit kan jou heeltemaal breek. Is
> ieder een die moeite werd?
>
> Jammer as ek gepreek het.

Dankie vir 'n tydige preek, Vira.

Ons kleinkinders sal gelukkig nie hierdie probleme hê nie. Teen daardie tyd
sal die droes van die geskiedenis genoeg gesak het om die waansinnige
gebalk van die Gloudinas te ontbloot vir wat dit is - waansin.

Groete, Leendert

(NS watch nou vir Koos :-)
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10380 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sun, 17 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John Irish  is tans af-lyn  John Irish
Boodskappe: 8
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Junior Lid
Vira
Ek dink dit het moed gevat om jou bydrae te skryf, en ek wil dankie sê dat
jy dit wel gedoen het. Jou eiesoortige perspektief op hierdie moeilike saak
is vir my waardevol. Ek moet ook in hierdie dae 'n kind grootmaak,
verkieslik met behoud van sy selfrespek en identiteit. Ten spyte daarvan
dat hy lid van die eerste post-apartheid generasie is, word hy wat sg.
`volksondes' betref oor dieselfde kam geskeer as ek en jy. Weereens dankie
vir die perspektief wat jy kon bydra.
Groete
---
John

NS: Verwag maar oorreaksie van diegene wat soos brommers op 'n misbol gaan
toesak op die feit dat jy durf waag het om `apartheid' en `positief' in een
sin te noem; hulle mis die punt. Shame.

V wrote in article
...
> Behalwe die negatiewe aspekte van Apartheid, moet daar ook iets positiefs aan
> die kinders gesê word, van hulle verlede. Dis op die ou end wat my die
meeste
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10381 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sun, 17 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: January 1996
Karma: 0
Junior Lid
"JP" wrote:

> Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
> nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
> wat Afrikaans praat. Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
> Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook relisties wees,
> die besigheids wereld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie
> rooi
> taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.

Ja Ja PESSIMIS, Afrikaans sal net sterf as jy dit laat sterf. As jy
nie met my besigheid in Afrikaans wil doen nie vat ek dit elders.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10382 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sun, 17 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joubert Nel  is tans af-lyn  Joubert Nel
Boodskappe: 3
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Vira,

V wrote in article ...

> On 8/16/97 10:49PM, in message , "Joubert Nel"
>  wrote:
>
>>
>>> dogter vertel my toe, dat die seun nie Afrikaans wil praat nie. Dit is die
>>> ouers se taal, en vir tienderjariges is dit dus outyds en nie cool nie. Dit
>>> behoort aan die vorige geslag, en hulle wil wegbreek daarvan.
>>
>>  Wie't vir jou gesê dat ons wil wegbreek daarvan?
>
> Joubert,
>
> ek dink jy't die essensie van my brief misverstaan, of ek het myself nie goed
> uitgedruk nie. Indien wel, vra ek verskoning, en sal probeer om die saak reg te
> stel.  Ek het bogenoemde nie as 'feit' vertel nie, maar as 'n indruk, wat ek
> onder 'sommige' tienderjaries opgemerk het.  As dit die verkeerde indruk is wat
> ek gekry het, is ek al te bly, en trots op die Afrikaanse jeug.
>
>
>>
>>   taal is 'n kommunikasiemiddel wat aangewend word om sukses te
>>  behaal. Ek verstaan nie (rationeel gesproke) waarom jy dit verafgod nie...
>>
>
> Huh?  Verafgod?

Ek was miskien te kras - die punt is: Wat maak dit saak watter taal jy
praat?

>
> Ja, taal is 'n "kommunikasiemiddel", maar dink jy nie dis dalk bietjie meer as
> dit nie?
>
>>  Jou voorouers het tog 'n ander taal gepraat. Hollands, Engels, Frans,
>>  Spaans, Japanees, Russies, wat ook al. Dink jy hulle sou in hulle grafte
>>  omgedraai het omdat jy hulle herkoms "verraai" het.
>>
> Ek dink hulle spin nog steeds.

Maar dit maak nie saak nie, ne?

>
>>  Kom aan. Sien die saak in perspektief asb.
>>
>>
> Dankie Engel, ek sal my bes doen.

Ek hou van die pun! :-)

Koebaai,
Joubert

>
>
> Groete,
> Vira.
>
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10383 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sun, 17 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: January 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Aug 1997 05:45:33 GMT, "JP" wrote:

nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie[/color]
> wat Afrikaans praat. Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
> Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook relisties wees,
> die besigheids wereld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie
> rooi
> taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.>>>

Die voorspelling aanvaar basies dat 1. Engels die oorheersende
wereldtaal is en 2. dat die wereld gaan voortgaan soos in die verlede.
Ek verskil met albei aanvaardings.
1. Chinees word deur meer mense gepraat en Spaans is meer verspreid.

2. Tot dusver was Engels die taal wat die elektroniese
kommunikasie-medium (Internet ens.) oorheers het omdat die medium in
die VSA begin het.
Maar die medium brei nou uit. Dit bring die onderliggendheid van
meertaligheid na vore.

Doen bietjie 'n "search" op 'n Web-soekenjin na Pablo Neruda.
OK hy IS 'n Spaanse digter, maar kyk gerus of jy tussen al die
web-verwysings 'n Engelse een kry.

Die medium brei uit. Van nou af brei die Internet uit na die Spaanse
lande, Afrika-lande, China ens.

Gaan kyk bietjie wat doen byvoorbeeld die Duitsers met die net. Hulle
kommunikeer eenvoudig in Duits op die Internet.

En dan is die Internet self 'n instrument wat hoe meer aanvaarding dit
kry, al hoe meer gapings maak vir meertaligheid.

Dit is omdat dit so uiters maklik is om in die medium te publiseer.
As jy 'n webblad maak, kos dit 'n paar sent om dit in 'n ander taal
ook aan te bied. Die grootste moeite is die vertaling.
In die ou tyd moes 'n mens hele oplaag boeke of tydskrifte gedupliseer
het.
Baie mense sien dit nie dadelik nie, maar die Internet is omtrent per
definisie 'n ding wat keuses en alternatiewe beskikbaar stel.

Dit geld iemand met 'n klein oplaag van die een of ander eksotiese
produk wat nou skielik soveel potensiele kopers het as wat daar mense
op die net is, al bly die iemand in 'n klein dorpie iewers in die VSA
of waar ookal, en dit geld taal ook.

Ek sal geensins verbaas wees as Internet-kommunikasie in die toekoms
toenemend Engels EN 'n ander taal behels nie. Met die aksent op die EN
waar dit vandag omtrent net in Engels is.

En die ander punt is natuurlik dat die net so wyd strek en byvoorbeeld
Afrikaners aktief in die taal intrek wat in die verlede miskien hier
en daar 'n tydskrif in Afrikaans te siene sou gekry het.

Volgende jaar (met internasionale betaal-standaarde aanvaar) gaan
hulle saam met die Afrikaners in SA Afrikaanse boeke kan kan koop.

My kinders is in 'n Engelse skool maar ons praat net Afrikaans in die
huis. Hulle raak - anders as ek - werklik tweetalig groot. Hulle kan
reeds in en uit die een na die ander en terug beweeg sonder dat hulle
dit omtrent besef. Ek sal nie verbaas wees as dit die norm vir hulle
in die toekoms gaan wees nie.

En hulle groei op saam met ander kinders wat ewe maklik tussen Engels
en 'n ander taal beweeg wat my kinders nie verstaan nie. Soos die
maatjies nie Afrikaans verstaan nie.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10384 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sun, 17 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: January 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Aug 97 21:09:09 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

>>.

Dis aan die oorwaai, die horrible ding van apartheid.

Ek en my geslag sal nog tot ons doodgaan van tyd tot tyd die kak moet
opeet met melk en suiker op wat die NP en die Broederbond vir ons
voorberei het.

Maar my kinders is OK. Hulle het my n tyd gelede gevra: "Hoe was dit
om onder apartheid te leef?"

Toe weet ek hulle is OK en dis verby.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10385 is 'n antwoord op boodskap #10330] Sun, 17 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Joubert Nel wrote in article
...
>
> Taal is 'n kommunikasiemiddel. Wat wil jy hê moet dit wees?
>
>>

[...]

> Dis 'n kommersiële besluit. Punt. Wat's die probleem? Soos ek hierbo
> uitgelig het, taal is 'n kommunikasiemiddel wat aangewend word om sukses te
> behaal.

Taal is ook 'n dinkmedium, en as sodanig 'n waarnemingsmedium. Daar is
heelwat kundiges (van linguiste tot epistemoloë) wat beweer dat dit wat jy
van 'n saak dink (bygevolg ook dit wat jy waarneem) deels bepaal kan word
deur die taal wat jy gebruik.

Dit is waarom vertaling as probleemoplossingsmetode aanbeveel word in party
bronne van kontinentale oorsprong. Vir Anglo-Amerikaners sou dit 'n
sinnelose aanbeveling wees.

Iemand wat drie tale ken is? - Drietalig.
Iemand wat twee tale ken is? - Tweetalig.
Iemand wat net een taal ken is? - Engels of Amerikaans.

Groete, Leendert
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10395 is 'n antwoord op boodskap #10330] Mon, 18 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Leendert

Dankie vir jou antwoord. Jy's heeltemaal reg, en dis pragtig gestel.  Ek wens
ek sou so goed kon geskrywe het. Ek sou net van jou 'n bietjie verskil, waar jy
sê ons kleinkinders sal nie meer met laster en aantygings te doene hê nie. Jy
is meer optimisties as ek.  Ek voel dat die wat so lekker laster nie sommer
maklik hulle sondebok sal opgee nie.  Hulle sal lang geheues hê, as ek dink aan
die gevolge van die Boereoorlog en WW2, en hoe lank dit voortgeduur het.

Jy's ook heeltemaal reg oor die Neo-Nazi beweging.  Soos ek ook gestel het, dis
te maklik "to go to extremes", en veral as mens die psigologiese uitwerkings in
oënskou neem, van voortdurige beskuldigings.

Weereens dankie vir jou uitmuntende verklarings.

Vira.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10396 is 'n antwoord op boodskap #10330] Mon, 18 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wat maak dit saak watter taal jy
> praat?
>
>>
Hi Joubert

Ek neem jou punt. Dit maak nie saak watter taal ons praat nie, solank ons
mekaar verstaan en kan kommunikeer. Maar terselfde tyd, is taal tog een van
die mediums wat sorg dat 'n kultuur behoue bly. Stem jy nie saam nie?

Dit voel vir my snaaks om twee Afrikaanse mense Engels te hoor praat, net omdat
die een hom van Apartheid en die verlede wil distansieer (sp?), al verstaan ek
miskien hoekom hy dit wil doen.

>
>
> Maar dit maak nie saak nie, ne?

Jy's reg. Maar, hulle kultuur het my in my lewe min anders as hartseer
gebring. Dis juis wat ek sê sou jammer wees as dit ook met 'n nuwe geslag
Afrikaanse kinders sou gebeur.
>
>
>
> Ek hou van die pun! :-)

O, jy't goed opgelet. Sharp sharp! Jy's 'n "good sport".

>
> Koebaai,
> Joubert

Dankie vir die "chat". Ek het dit geniet.

Ciao,
Vira.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10397 is 'n antwoord op boodskap #10330] Mon, 18 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
V  wrote in article
...
>  Hallo Leendert
>
>  Ek sou net van jou 'n bietjie verskil, waar jy
>  sê ons kleinkinders sal nie meer met laster en aantygings te doene hê nie. Jy
>  is meer optimisties as ek.  Ek voel dat die wat so lekker laster nie sommer
>  maklik hulle sondebok sal opgee nie.  Hulle sal lang geheues hê, as ek dink aan
>  die gevolge van die Boereoorlog en WW2, en hoe lank dit voortgeduur het.

Ek dink jy kyk een ding mis. Laster is leuens. Leuens kan net met 'n groot
hoeveelheid energie onderhou word. Dit wat waar is van apartheid, boos en
andersinds, sal sonder voortdurende harde werk onthou word. Die leuens van
"apartheid", egter, sal soos die droes wat dit is afsak buite die
gesigsveld.

Die mate waartoe "apartheid" leuens is, kan jy duidelik sien daaraan dat
iemand wat beter behoort te weet, dit nodig vind om totale onsinnighede
kwyt te raak, ten einde die beeld van boosheid te onderhou. Hoe lank,
byvoorbeeld, dink jy sal iemand onthou dat "Leendert, Wen en Vira" ooit
beskuldig is van die moord op Heyns? Dis nou 'n simpel voorbeeldjie, maar
juis daarom geldig.

Meer pertinente voorbeelde is die idee dat die '76 onluste oor die afdwing
van Afrikaans gegaan het. Selfs die ANC ontken dit. Reeds in die fliek
/Sarafina/ (die een met Woopy Goldberg, nie die een met Zuma nie) is
daardie stukkie propaganda al die nek ingeslaan. Natuurlik loop dit nog
rond soos 'n urban legend, en selfs baie Afrikaners glo dit nog (veral die
wat so graag wil). Ek reken sy halflewe is so tien jaar. Nog dertig jaar en
dit sal net 'n paar oumense wees wat nog so dink.

'n Ander voorbeeld is die propagandastuk dat Verwoerd geweier het om die
Tomlinsonaanbevelings oor stamgronde te implementeer weens die koste
daarvan. Daardie stukkie is eintlik 'n pragtige geval van politiek
korrektheid wat homself in die agterent gehap het. Nou kry jy historici
soos die gerespekteerde Davenport wat met 'n helse verleentheid sit
daaroor. (Miskien kry ek nog tyd om die storie uiteen te sit.) Daar is nog
mense wat die ding aanhaal as voorbeeld van Verwoerd se boosheid, maar
hulle kyk gou op die neus, en word dus vinnig minder.

Jy sien, Vira, in die Boere-oorlog en WO2 was daar heelwat "feite" om die
propaganda te steun. In die geval van "apartheid" was die signal to noise
ratio ver buite verhouding. Dit is wat Gloudina se valse beskuldigings so
uitnemend illustreer. Sy het nie genoeg feite om te noem nie, nou moet sy
fabriseer. En soos At by geleentheid vir ons uitwys, die arbeid wat benodig
word om sulke fabrikasies or die langtermyn te onderhou is so hoog dat die
fabrikasies moet verval.

Die ander ding om te onthou is dit. Beide die "feite" en die fabrikasies
het net politieke waarde terwyl dit ruilwaarde het in terme van mag.
Wanneer die gefabriseerde aspekte van "apartheid" nie meer mag verleen nie,
word dit onekonomies om dit te onderhou. En juis omdat daar soveel
fabrikasies is in verhouding tot die feitlike, reken ek dat die punt waar
die onekonomies is, redelik gou bereik sal word (ek gee dit nog 10 jaar,
uiters 20).

Ek reken dus wel dat ons kleinkinders relatief min gepla sal word vergeleke
by die oorverdowende gebalk van bloedlustiges (en getjank van die wat
skuldbeleidenisse eis) wat ons nou moet aanhoor.

Groete, Leendert
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10398 is 'n antwoord op boodskap #10330] Mon, 18 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:
Leendert skryf:

>
> Iemand wat drie tale ken is? - Drietalig.
> Iemand wat twee tale ken is? - Tweetalig.
> Iemand wat net een taal ken is? - Engels of Amerikaans.

Hier het ons weer 'n goeie voorbeeld van iemand wat
onkundig is van wat in Amerika aangaan, of miskien
meer presies sy dwaalopmerkings wil gebruik vir sy
eie argumentsgewin. Dit is wel waar dat Engels die
enigste offisiele taal in Amerika is (soos in Namibia.)
Maar die bevolking van die Verenigde State bedien hulle
van 'n hele klomp ander tale in sekere lokale (Pools
byvoorbeeld in Chicago, Cajun daar in die bayous van
Louisiana. En die hele suidwestelike deel van die VSA
is so Spaans dat dit ook deur die ander taalgroepe
bestudeer word.) Hier probeer Leendert nou net met 'n
flik van sy pen 'n hele kontinent veroordeel. Ek wonder
of hy in die oggend opstaan en vir homself vra: watter
ding kan ek nou vandag vernietig met my pen en met my
tong. Leendert, jy het hulp nodig.
Gloudina
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10407 is 'n antwoord op boodskap #10330] Tue, 19 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> "Leendert van Oostrum" writes:
> Leendert skryf:
>
>>
>> Iemand wat drie tale ken is? - Drietalig.
>> Iemand wat twee tale ken is? - Tweetalig.
>> Iemand wat net een taal ken is? - Engels of Amerikaans.
>
>
> Hier het ons weer 'n goeie voorbeeld van iemand wat
> onkundig is van wat in Amerika aangaan, of miskien
> meer presies sy dwaalopmerkings wil gebruik vir sy
> eie argumentsgewin. Dit is wel waar dat Engels die
> enigste offisiele taal in Amerika is (soos in Namibia.)
> Maar die bevolking van die Verenigde State bedien hulle
> van 'n hele klomp ander tale in sekere lokale (Pools
> byvoorbeeld in Chicago, Cajun daar in die bayous van
> Louisiana. En die hele suidwestelike deel van die VSA
> is so Spaans dat dit ook deur die ander taalgroepe
> bestudeer word.)

Jy vergeet van Spaans - binne enkele jare waarskynlik die meerderheidstaal
in verskeie van die Suidelike state.

Maar jy vergeet ook (of weet nie, of verkies om nie te weet nie) van die
wetgewing in die meeste state wat vereis dat kinder deur medium van Engels
onderrig moet word - 'n beleid wat onder sterk teenkanting staan van mense
wat multikulturaliteit voorstaan, en wat met verdrag besig is om te sneuwel.
Jy ignoreer verder die sterk aksie wat konserwatiewe WASPS aan die gang het
om Engels tot die ampstaal van die VSA te verklaar, sodat hulle kinders kan
dwing om deur medium van Engels onderrig te word.

> Hier probeer Leendert nou net met 'n
> flik van sy pen 'n hele kontinent veroordeel.

Amerika is 'n hele kontinent? Ek dag daar is 'n plek soos Kanada ook. Maar
terwyl jy my stelling ('n grappie in ligte luim, afkomstig van 'n Ier) so
afkam, wat die tweetaligheidsyfers vir Engelsprekende Amerikaners, Kanadese
en Engelse?

> Ek wonder
> of hy in die oggend opstaan en vir homself vra: watter
> ding kan ek nou vandag vernietig met my pen en met my
> tong. Leendert, jy het hulp nodig.

Hulp met vernietiging? Nee jong. Op daardie gebied is ek maar 'n beginner
teenoor jou. Maar byt vas. Met jou voorturende voorbeeld as rolmodel kom ek
dalk nog iewers.

Groete, Leendert
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10408 is 'n antwoord op boodskap #10372] Tue, 19 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...

> Dis eintlik eenvoudig. As jy aanmekaar vertel word hoe boos jy is, het jy
> net twee keuses - jy vernietig jouself of jy verhef dit wat ander as "boos"
> beskou tot 'n norm van die goeie. Geen mens en geen groep kan oorleef
> sonder 'n selfbeeld wat vir homself aanvaarbaar is nie. Hy kan, desnoods,
> heel goed oorleef sonder die goedkeuring van ander.

Liewe Leendert,

Behalwe vir die sinnetjie "Dis eintlik eenvoudig." het jy vir
my 'n aangrypende insig verwoord. Soos wat ek jou verstaan,
lei die eerste keuse daartoe dat jy krepeer sonder om self iets
aan die saak te doen. Die tweede keuse lei daartoe dat jy met
die bose begin eksperimenteer met die hoop op 'n uitkoms.
Dit is twee keuses wat algemeen voorkom.

Maar ek dink dat daar ook twee nader keuses is. Die derde
keuse is dat jy probeer om die lewenswyse van die aanklaers
oor te neem. Hierdie keuse kom ook algemeen voor. Die
vierde keuse is dat jy probeer om opnuut vas te stel wat die
goeie is en daarmee die bose te verplaas. Hierdie keuse is
seldsaam.

> Apartheid moes nie net die las van sy eie gebreke dra nie, maar ook die van
> "apartheid". "Apartheid" was die nuttige fokus vir die skuldgevoelens van
> die ganse wêreld.

Ek stem saam. Die mode manier is om te sê dat
Apartheid 'n ikoon geword het. (Eintlik het dit 'n
ideogram geword.)

Daar word so oor en weer met aanklagte en verontskuldiging
van Apartheid geslinger, dat mense eintlik bevrees raak om
Apartheid objektief te bestudeer. Presies wat is dit (een of
meer grondkenmerke van apartheid) wat die oorsake was
van al die booshede wat daaruit gevolg het.

Ek het hier teen 1976 ernstig na hierdie oorsake begin soek.
Vir 9 jaar lank het waargeneem hoe my redenasies al in 'n
sirkel beland het - die bose sirkel van Bertrand Russel. Sodra
ek gedink het dat ek uiteindelik 'n grondoorsaak gevind het,
het dit na 'n ruk 'n gevolg geblyk te wees. Ek het my naderhand
begin verwonder oor hierdie bose kringloop. Ek het geweldige
begrip gekry vir Wittgenstein wat dit self ervaar het, asook vir
Hussrl wat met sy fenomenologie 'n manier probeer vind het
om uit so 'n kringloop uit te breek. Verder het beide JBM
Herzog (Afrikaner identiteit) en JC Smuts (holsime) se
staatsmanskap my begin aangryp omdat hulle self diep bewus
was van hierdie sirkelredenasies in die politieke lewe.

Vandag besef ek terdee hoe intiem Apartheid met kreatiwiteit
verweef is.

> Die een ding wat noodsaaklik is, is om te probeer perspektief behou. My
> perspektief is soos volg:
>
> 1 'n Swart regering in Suid-Afrika voor die val van die USSR sou 'n veel
> erger alternatief wees as die regering wat ons wel gehad het.

Ek stem saam. Dit is vir my jammerlik dat die ANC (en sy
bondgenote) en die PAC nie wil erken dat hierdie onheilige
samewering met die USSR die koppigheid van meeste
witmense aangewakker het nie.



> 5 Politici van die nuwe bedelings sal tot in lengte van dae probeer om hul
> eie tekortkominge te blameer op hul voorgangers - soos politici regoor die
> wêreld.

Dit is waar. Dit is een van die groot probleme eie
aan die westerse demokrasie. Dis gewis iets
waaraan ons meer aandag kan gee.

> Maar dit is juis hieroor dat mens jou kinders nie net moet leer dat hulle
> nie verantwoordelik is vir die sondes van die vaders nie. Jy moet hulle ook
> leer om die sondes van die vaders in perspektief te sien. En daardie
> perspektief mag nooit die perspektief wees van mense wat voordeel kan trek
> daaruit om jou kinders te laat skuldig voel nie. Hoe onbereikbaar 'n
> "objektiewe" historiese perspektief ookal is, is dit die enigste een om te
> probeer najaag. Enige ander een is bloot 'n verskoning om leuens te glo.

Ek sien dit so. Die werklikheid is kompleks. Dit word
elke dag meer kompleks. Ons kinders moet so gou
as moontlik leer hoe om met hierdie kompleksiteit
om te gaan op 'n manier wat die verstand verhelder,
vrede in die hart besorg en liefde in die siel kweek.

> Ons kinders se redding sal wees 'n intensiewe kennis van die geskiedenis -
> nie die "gesuiwerde" vaderlandsgeskiedenis waarmee ons gesus is nie. Ook
> nie die gesuiwerde strugglegeskiedenis wat sommiges hier verkondig nie. 'n
> Omvangryke kennis van die geskienis van die soveel historiese en
> kontemporêre bevolkings as moontlik regoor die wêreld. En veral, in goeie
> kennis van die geskiedenis van elkeen wat geluide maak oor "apartheid".

Jy begin beskryf wat die kompleksiteit behels.
Dis goed so.

> Ons kleinkinders sal gelukkig nie hierdie probleme hê nie. Teen daardie tyd
> sal die droes van die geskiedenis genoeg gesak het om die waansinnige
> gebalk van die Gloudinas te ontbloot vir wat dit is - waansin.
>
> Groete, Leendert
>
> (NS watch nou vir Koos :-)

Ek vind daagliks dat die voorgeslagte veels te min
gedokumenteer het van wat in hulle tyd aan die gang was.
Ek is bevrees dat ons kleinkinders steeds hierdie
probleem sal ervaar. Rooiwyndrink en vleisbraai sal vir
hulle nog steeds dieselfde wees. Dis dinge wat hulle
self sal kan ervaar. Maar ons ervarings in die dinge wat
aan die verander is, sal vir hulle ontsaglik waardevol wees.

Dankie, Leendert en Vira, Koos en Gloudina, vir wat julle
skryf. Ek hoop iemand maak daarvan kopie"e vir ons kleinkinders.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10409 is 'n antwoord op boodskap #10330] Tue, 19 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
>> Ek wonder
>> of hy in die oggend opstaan en vir homself vra: watter
>> ding kan ek nou vandag vernietig met my pen en met my
>> tong. Leendert, jy het hulp nodig.
>
> Hulp met vernietiging? Nee jong. Op daardie gebied is ek maar 'n beginner
> teenoor jou. Maar byt vas. Met jou voorturende voorbeeld as rolmodel kom ek
> dalk nog iewers.
>
> Groete, Leendert
>

Nou praat jy, Donkiegod. Hoop daar gaan genoeg windmeule
wees om te bestorm.
Gloudina
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10410 is 'n antwoord op boodskap #10408] Tue, 19 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

>> 1 'n Swart regering in Suid-Afrika voor die val van die USSR sou 'n veel
>> erger alternatief wees as die regering wat ons wel gehad het.
>
> Ek stem saam. Dit is vir my jammerlik dat die ANC (en sy
> bondgenote) en die PAC nie wil erken dat hierdie onheilige
> samewering met die USSR die koppigheid van meeste
> witmense aangewakker het nie.

Ek sien dit bietjie wyer as blote "onheilige samewerking" en "koppigheid".
Ek reken dat daar 'n baie sterk saak voor uit te maak is dat SA in die
apartheidstyd veel sterker ingetrek was by die hele koue oorlog as wat dit
op die oog af lyk. Die blote feit van apartheid het gehelp om hierdie aspek
te verdoesel. Moontlik kon aspekte van die skepping van die verskynsel
"apartheid-as-ikoon" selfs doelbewus gewees het om te help met die
verdoeseling van die wyer magstryd van die koue oorlog wat aan die gang was.

In die proses het die ou ding gebeur wat in sulke situasies gebeur - die
"koppige witmense" het al meer "onheilig" geword, in die sin dat hulle al
meer totalitêr opgetree het - juis die kenmerk van die USSR, die "rooi
gevaar", waarteen hulle so sterk beswaar gemaak het. Die "onheilige
ANC/PAC", daarenteen, het al meer "koppig" geword, soos Gloudina suggereer.

Miskien sal 'n historikus uit 'n volgende geslag - een met 'n paar pitte
bolangs - eendag hierdie dinge uitlê. Dan kan ons almal, by nagedagtenis,
tot "victims" verklaar word :-)

Groete, Leendert
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10411 is 'n antwoord op boodskap #10330] Tue, 19 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Joubert Nel skryf in artikel
...



> Taal is 'n kommunikasiemiddel. Wat wil jy hê moet dit wees?



> Wat's die probleem? Soos ek hierbo uitgelig het, taal is
> 'n kommunikasiemiddel wat aangewend word om sukses te
> behaal. Ek verstaan nie (rationeel gesproke) waarom jy dit
> verafgod nie...

Liewe Joubert,

'n Taal is veel meer as net 'n kommunikasiemedium.

'n Taal is 'n ontluiking ("emergent") wat aan Homo sapiens
mensskap ("humaneness") besorg. Hiermee skep die mens
of 'n liefdevolle harmonie met God, medemense en die natuur,
of 'n haatlike kakfonie. In teenstelling met diere, is die mens se
sintuie afgestomp. Diere deel in mekaar se samesyn as
gevolg van een of meer hoogs ontwikkelde sintuie. Net deur
taal kan mense hierdie vlak van samesyn bereik en oortref.
Om met 'n taal te kan skep, gee aan die mens se verstand
bewussyn en aan die siel betekenis.

Het jy al ooit gewonder waarom die mensdom die natuur tot
die rand van 'n groot ramp dryf? Dit is omdat alles wat die mens
skep, deur middel van taal geskied. Ongelukkig ag die mens
sy/haar taal as 'n vanselfsprekende gebruikmiddel wat opsigself
geen krag het nie. Gevolglik skep die mens domastrant met
taal, so asof taal eintlik niks met die res van die natuur te
doen het nie. Hoe gouer Afrikaners van hierdie domastrantheid
verlos kan word, hoe gouer sal daar vir hulle genesing aanbreek.

Beste wense
At de Lange
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10412 is 'n antwoord op boodskap #10330] Tue, 19 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10413 is 'n antwoord op boodskap #10330] Tue, 19 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:


. Die
> vierde keuse is dat jy probeer om opnuut vas te stel wat die
> goeie is en daarmee die bose te verplaas. Hierdie keuse is
> seldsaam.

Maar tog die enigste geslaagde oplossing,
en tog die enigste opsie vir 'n Christen?

> Vandag besef ek terdee hoe intiem Apartheid met kreatiwiteit
> verweef is.

Kan jy asseblief verduidelik wat jy bedoel. Werklik
verduidelik wat jy bedoel. Moenie met woorde speel
nie. Verduidelik sodat die man in die straat kan
verstaan wat jy bedoel.

> Ek stem saam. Dit is vir my jammerlik dat die ANC (en sy
> bondgenote) en die PAC nie wil erken dat hierdie onheilige
> samewering met die USSR die koppigheid van meeste
> witmense aangewakker het nie.

At, ek is teleurgesteld in jou. Jy argumenteer maar
soos al die Machiavellis argumenteer. Wat was jou
Christelike antwoord op wat in SA gebeur het in die
sewentigs en die tagtigerjare?

Ek vind dat enige Afrikaner wat ook nou skielik begin
wonder of Westerse styl demokrasie die "regte" ding
is vir Suid-Afrika, homself verklaar as iemand met
vooroordele wat rassisties gebaseer is. Demokrasie
was goed terwyl net wittes kon stem, ne?

Gloudina
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10427 is 'n antwoord op boodskap #10330] Wed, 20 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> "AM de Lange" writes:
>> Die
>> vierde keuse is dat jy probeer om opnuut vas te stel wat die
>> goeie is en daarmee die bose te verplaas. Hierdie keuse is
>> seldsaam.
>
> Maar tog die enigste geslaagde oplossing,
> en tog die enigste opsie vir 'n Christen?

Liewe Gloudina,

Ek werk die laaste 4 jaar wereldwyd heelwat saam met mense
wat hulle beywer vir wat ek onder die woord "ubuntu" verstaan:
"liefdevolle harmonie met God, medemense en die natuur". Ek
gebruik die woord "ubuntu" om daarmee erkenning aan die
swart mense van Suidelike Afrika te gee. Ek het al voorheen aan
Leendert geskryf hoekom die onbekende/onerkende Afrikaanse
samestelling "mensskap" dieselfde beteken.

In elk geval, ek was verbaas dat onder die mense wat hulle vir
ubuntu beywer, daar diep gelowige Christene, Moslems, Hindoes
en Boeddiste is. Ek was net so verbaas dat hierdie anders
gelowiges meer begaan is om te weet wat die ware Christelike
geloof is as die mense wat sê dat hulle Christene is.

Dit is vir my baie duidelik dat hierdie 4de opsie vir meer as net
Chistene belangrik is. Ek dink dat dit belangrik is vir mense wat
twee dinge besef: 1 die werklikheid is kompleks 2 die werklikheid
word by die dag komplekser.

>> Vandag besef ek terdee hoe intiem Apartheid met kreatiwiteit
>> verweef is.
>
> Kan jy asseblief verduidelik wat jy bedoel. Werklik
> verduidelik wat jy bedoel. Moenie met woorde speel
> nie. Verduidelik sodat die man in die straat kan
> verstaan wat jy bedoel.

Ek merk op dat jy van die MAN in die straat skryf.

Ek kan maklik aanstoot neem met jou opdrag "Moenie met
woorde speel nie". As jy enigsins die indruk het dat ek dit
doen, lees jy my verkeerd. Meer het hieroor nie nou iets te
skryf nie.

Netso kan ek maklik aanstoot neem met jou opdrag
"Verduidelik sodat die man in die straat kan verstaan
wat jy bedoel." As jy enigsins die indruk het dat el bokant
jou kop wil praat, lees jy my ook verkeerd. Dog, oor hierdie
saak moet ek meer skryf voordat ek by jou versoek kan
uitkom.

Gestel ek weet XXX wat jy nie weet nie. Nou vra jy vir my
om XXX te verduidelik totdat jy ook XXX weet. Ek sal dit
probeer doen.

Maar laat ek eers die begrip "begipverspreiding" ("concept
diffusion") verduidelik. Dit is die idee dat 'n begrip XXX vanaf
binne persoon AAA na buite die persoon tot binne enige ander
persoon BBB kan beweeg sodat ook hierdie persoon XXX dit
sal begryp.

Sou jy nou van my verwag om aan jou XXX te verduidelik terwyl
jy aanneem dat dit by wyse van begipverspreiding moet gebeur,
het ek slegte nuus vir jou. As die "kiemplantjie" of "sigoot" van
XXX nie reeds in jou teenwoordig is nie, sal al my verduidelikings
niks help nie.

Nou goed, laar ek dit nog eenmaal verduidelik vir die "vrou" in die
straat. Die mens wat glo dat begrippe deur windbestuiwing kan
posvat, sal geen oes afhaal nie.

Nou hoe de joos gaan die XXX wat ek weet, ook in jou kop posvat?
Wel, as jy nie wil weet hoe XXX in my eie kop gekom het nie, het
ek geen raad vir jou nie. Al wat ek kan doen, is om te beskryf hoe
XXX in my eie kop gekom het. Ek het dit self in my kop tot stand laat
kom

Dit gebeur deur 'n proses wat ek "begripontluiking" ("concept
emergence") noem. Die ontluiking ("emergence") van begrippe is
maar een van die ontsaglike aantal maniere wat ontluikings kan
plaasvind. Ander voorbeelde is 'n nuwe stof wat in 'n chemiese
reaksie vorm, 'n saadjie wat ontkiem, 'n papie wat in 'n skoenlapper
verander, die geboorte van 'n baba en die wedergeboorte. In my
gedagtes is al hierdie voorbeelde niks anders as ontluikende
skeppende verskynsels nie.

Hierdie ontluikings gebeur nie vanself nie. Daar is sewe voorwaardes
waaraan voldoen moet word. As een of meer van hierdie voorwaardes
in gebreke bly, sal die ontluiking of gebrekkig wees of glad nie
plaasvind nie. Met ander woorde, hierdie voorwaardes kan ook as
essensies beskou word.

Ek gaan een van die sewe essensies voorhou. Dit het te doen met
"die aaneengeskakeldheid van die werklikheid". Jan Smuts het dit die
"wholeness" van die werklikheid genoem. Hieruit het hy sy filosofie
van holisme ontwikkel. Hierdie filsofie berus op die gesegde "die
geheel is meer as die dele". Met ander woorde:
holisme = geheel + ontluiking
Jan Smuts se groot bydrae was dus dat hy "aaneengeskakeldheid"
as 'n essensie vir ontluiking gesien het. Vir hierdie bydrae het hy
talle eredoktorgrade ontvang. Gelukkig het die boonste laag van die
Akademie hom begryp.

Ons kan aangaan en hierdie essensie "geheel" of "holon" noem.
Maar 300 jaar voor Smuts het Gotlieb Leibniz dieselfde raakgesien.
Hy het hierdie essensie as die "monad" benoem. Dit is afgelei van
die Grieks vir "onverdeelbare eenheid". Ongelukkig het niemand vir
Leibniz begryp nie. Hoekom het party mense dan 300 jaar later vir
Smuts begryp. Was dit omdat Smuts 'n beter verduideliker was?

Nee, dit gaan oor die kwessie van "begripverspreiding" versus
"begripontluiking". Leibniz was 'n reus onder die denkendes. In sy tyd
was hy een van die min wat nie "begripverspreiding" as 'n voorwaarde
vir leer gemaak het nie. Die begrippe wat by hom ontluik het, was
fenomenaal. Hy het voor ('n groot strydpunt!) Newton infinitesimaal
rekenkunde uitgevind. Ons gebruik vandag nog juis sy notasie en nie
Newton s'n nie. Hy het eerste die begeerte uitgespreek om menslike
gedagtes te kan bereken of masjineer. Dit het hy vasgegryp met sy
woord "calculemus", 'n woord wat vandag ongelukkig vir
infinitesimaalrekenkunde gebruik word. Hy het eerste besef dat
die begrip "struktuur" 'n maat nodig het. Daarvoor het hy die woord
"funksie" geskep. So kan ek aangaan oor die skynbaar ongelooflike
begripontluikings in Leibniz. Die kern van die saak is: in Smuts se
tyd was meer mense te vinde vir "begripontluiking" as in Leibniz se
tyd.

Wat gaan ons as naam gebruik vir die essensie "aaneengeskakeldheid"?
Ek het, om baie goeie redes wat ek nie nou oor sal skryf nie, dit
benoem as "monadisiteit". Om dus 'n lang storie kort te maak, sonder
monadisiteit is ontluikings nie moontlik nie. Dit sluit selfs die
ontluiking van begripp XXX in jou kop in. Die ergste van alles is dat
as die berip "monadisiteit" nie voldoende in 'n persoon ontluik het nie,
daardie persoon "bergipverspreiding" eerder as "begripontluiking" as
die basis vir die verkryging van begrip XXX sal beskou. So 'n persoon se
gedagtes is altyd versnipper. Party mense verhef hierdie versnippering
tot 'n lewensuitkyk om sodoende die ontluikings in ande mense te
kelder. Ons kan hierdie lewensuitkyk framentarisme noem.

Nou goed, laar ek dit nog eenmaal verduidelik vir die "vrou" in die
straat. Die mens wat glo dat die geheel met 'n sk^er verkry sal word,
sal op die ou end met 'n sak vol knipsels eindig.

Ek het geskryf "Vandag besef ek terdee hoe intiem Apartheid met
kreatiwiteit verweef is". Toe skryf jy "Kan jy asseblief verduidelik
wat jy bedoel." Nou kan ek aan jou versoek voldoen.

Apartheid het fragmentarisme tot 'n essensie van die lewe verhef.
Daarmee het Apartheid die teenoorgestelde van fragmentarisme,
naamlik "monadisiteit" as een van die sewe essensie van kreatiwiteit
belemmer. Gevolglik het kreatiewe ontluikings in die Suid Afrikaanse
samelewing gaandeweg afgeneem.

Ek hoop jy sal begryp dat ek die verwantskap tussen Apartheid en
kreatiwiteit met net een van die sewe essensies verduidelik het. Ek
hoop jy sal begryp dat die ander ses essensies nog nie eens
bespreek is nie, wat nog te se van die dinamika van kreatiwiteit.

>> Ek stem saam. Dit is vir my jammerlik dat die ANC (en sy
>> bondgenote) en die PAC nie wil erken dat hierdie onheilige
>> samewering met die USSR die koppigheid van meeste
>> witmense aangewakker het nie.

> At, ek is teleurgesteld in jou. Jy argumenteer maar
> soos al die Machiavellis argumenteer.

Dis geen argument nie. Dis 'n waarneming van 'n verskynsel
wat 'n oorsaak en gevolg het. As jy nie wil waarneem dat die
ANC en PAC se bondgenootskap met die kommunisme sedert
die vyftiger jare die meeste witmense in die land uiters ontstel
het nie, kan ek niks daaraan doen nie.

> Wat was jou
> Christelike antwoord op wat in SA gebeur het in die
> sewentigs en die tagtigerjare?

Jy vra met 'n "was". Met ander woorde, jy verwag van my dat
ek reeds teen die sewentiger jare met antwoorde vorendag moes
kom.

Kom ek vertel jou iets van ontluikings.

Geen ontluiking kan in die niks plaasvind nie. Dit vereis
sekere "uitganggoed". In 1970 het ek nog talle ervarings
gekort wat nodig was vir my begripontluikings. Hoekom
was jy nie daar om te sorg dat ek hulle gou genoeg gehad
het nie? Moet ek jou "ek is teleurgesteld in jou" na jou toe
terugkaats?

Alle ontluikings neem tyd om plaas te vind - hoe meer
kompleks die ontluiking, hoe langer die ontluikingtyd. In
1971 het ek begin om my waarneming "om te leer is om
te skep" te probeer verstaan. Na 1990 kon ek eers met
sekerheid verduidelik wat dit behels. Dit het byna 20 jaar
geneem en honderde doodloopstrate waaruit ek moes
omdraai. Hoekom was jy nie daar om te sorg dat ek nie
in sulke doodloopstrate beland nie? Moet ek jou "ek is
teleurgesteld in jou" na jou toe terugkaats?

> Ek vind dat enige Afrikaner wat ook nou skielik begin
> wonder of Westerse styl demokrasie die "regte" ding
> is vir Suid-Afrika, homself verklaar as iemand met
> vooroordele wat rassisties gebaseer is. Demokrasie
> was goed terwyl net wittes kon stem, ne?

Kyk nou weer - telkens lwetsend met die manlike vorms.

Ag Gloudina, wat weet jy van my? In 1973 het ek iets
geskryf oor wat die Republikeinse Strewe vir my beteken.
Ek moet dit net gaan soek - dit lê iewers in my
studeerkamer. Daarin het ek reeds standpunt ingeneem
teen 'n demokrasie wat op blote getalmeerderheid berus.
Ek het goeie rede gehad - ek het as 'n naiewe jongman
swaarde gekruis teen 'n waansinnige gedagte wat as volg
verwoord is "Of die regering reg of verkeerd is, maak nie
saak nie, wat belangrik is dat u die regring sal vertrou".
Wat ek nie geweet het nie, is met wie ek eintlik swaarde
gekruis het. Van die swaarkry wat daarna gevolg het, weet
jy niks. Boonop beskou ek hierdie NG nie as 'n geskikte
plek om daarvan te vertel nie - en net so min die Waarheid-
en Versoeningkommissie.

Hou tog op op my te probeer faks. (Ek het in 'n ander skrywe
reeds verduidelik wat dit beteken.) Die minste wat jy eers
kan doen, is om my faksnommer vas te stel. Daarmee bedoel
ek dat voordat jy uitsprake oor my maak, moet jy jouself
eers vergewis van die feite en die wette waarop jy jou uitspraak
berus. Deur my nie in hierdie feite en wette te probeer ken
nie, is dit asof my faksnommer nie vir jou saak maak nie.

Laastens, moenie begin dink dat ek Afrikaanse tennis met
jou wil speel nie. Ek wil nie. Ek wil die ubuntu span
Afrikaanse krieket speel.

Alles van die beste
At de Lange
Die Grasie Gods [boodskap #10428 is 'n antwoord op boodskap #10427] Wed, 20 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
At skryf oor die verskynsel dat idees, "kennis", of wat ookal nie van een
persoon "oorgedra" kan word na 'n ander nie (iets wat die Gestaltsiekundiges
in die dertigerjare empiries getoon het):

AM de Lange wrote in article ...

> Die kern van die saak is: in Smuts se
> tyd was meer mense te vinde vir "begripontluiking" as in Leibniz se
> tyd.

Darwin het ook hierdie ding besef. Hy het verklaar dat hy nie van sy
tydgenote verwag om sy idees te aanvaar nie - 'n volgende geslag sou "ryp"
wees daarvoor.

Iemand het ook daarop gewys dat dit twee tot drie geslagte geduur het
voordat die idees van Newton algemeen inslag gevind het, veral in Europa,
waar 'n naiewe aanvoeling vir relatiwisme teenstrydig was met Newton se
konsep van absolute tyd en ruimte. (Einstein het natuurlik etlike eeue later
getoon dat daardie naiewe teenstand teen Newton se idees wel gegrond was.)

Hierdie voorbeelde demostreer, dink ek, At se idee dat konsepte moet
"ontluik" en nie "oorgedra" kan word van een persoon na 'n ander nie, tensy
die ander reeds ontvanklik is daarvoor nie (selfs dan is daar nie sprake van
"oordrag" nie - die eerste persoon se optrede/teenwoordigheid is bloot
katalities vir die "ontluiking" van die idee in die tweede).

Ghandi (wat soveel moeilikheid met Smuts gehad het) het na bewering verklaar
dat daar niks so tragies is as 'n idee waarvoor die tyd nie ryp is nie.

Een afleiding wat miskien gemaak kan word uit die "tennis" tussen absolute
en relatiewe tydruimte in die Europese denke - en uit Ghandi se opmerking -
is dat dit ons almal pas om heel beskeie te wees oor daardie dinge wat ons
in 'n bepaalde historiese konteks as absoluut en ononderhandelbaar beskou.

Ek sou reken dat dit ook gaan oor ons bepaalde insigte in die aanwending van
morele waardes (wat, glo ek, wel "universeel" kan wees).

'n Gesonde mate van beskeidenheid moet, op die ou end, ook verband hou met
'n houding van "leef en laat leef".

In historiese konteks beteken dit ook dat ons _empaties_ met die geskiedenis
moet omgaan. Dat ons onsself ook moet kan plaas in die posisie van die wat
die geskiedenis gemaak het, ongeag of ons hul optrede goedkeur of nie, en
ongeag of hulle lede van die Spaanse Inkwisisie, Chaka se impis met hul
"final solution", die Britse magte in die Boereoorlog, of die SS was.

Op 'n ander manier kom dit neer op die opmerking van die Aartsbiskop van
Kantelberg wat verklaar het "There, but for the Grace of God, go I".

Miskien sou ons kinders die beste waarde uit ons geskiedenis kry as ons
hulle dit kon leer. As ons dit self kon leer.

Groete, Leendert
Re: Die Grasie Gods [boodskap #10443 is 'n antwoord op boodskap #10428] Thu, 21 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/20/97 12:42PM, in message , "Leendert van
Oostrum" wrote:

> At skryf oor die verskynsel dat idees, "kennis", of wat ookal nie van een
> persoon "oorgedra" kan word na 'n ander nie (iets wat die Gestaltsiekundiges
> in die dertigerjare empiries getoon het):
>
OK, julle gaan dalk weer pooh pooh oor my on-Akademiese / onsofistikeerde keuse
van boeke, maar Kahlil Gibran, die Profeet van Lebanon, het gesê:

"No man can reveal to you aught but that which already lies half asleep in the
dawning of your knowledge.

The teacher who walks in the shadow of the temple, among his followers, gives
not of his wisdom but rather of his faith and his lovingness.

If he is indeed wise he does not bid you enter the house of his wisdom, but
rather leads you to the threshold of your own mind.
..

For the vision of one man lends not its wings to another man. "
>

>
> In historiese konteks beteken dit ook dat ons _empaties_ met die geskiedenis
> moet omgaan. Dat ons onsself ook moet kan plaas in die posisie van die wat
> die geskiedenis gemaak het, ongeag of ons hul optrede goedkeur of nie, en
> ongeag of hulle lede van die Spaanse Inkwisisie, Chaka se impis met hul
> "final solution", die Britse magte in die Boereoorlog, of die SS was.
>
> Op 'n ander manier kom dit neer op die opmerking van die Aartsbiskop van
> Kantelberg wat verklaar het "There, but for the Grace of God, go I".
>

Hoor hoor! Baie goed gesê!

V.
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10444 is 'n antwoord op boodskap #10330] Thu, 21 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On Sat, 16 Aug 97 21:09:09 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
>
> Dis aan die oorwaai, die horrible ding van apartheid.
>
> Ek en my geslag sal nog tot ons doodgaan van tyd tot tyd die kak moet
> opeet met melk en suiker op wat die NP en die Broederbond vir ons
> voorberei het.
>
> Maar my kinders is OK. Hulle het my n tyd gelede gevra: "Hoe was dit
> om onder apartheid te leef?"
>
> Toe weet ek hulle is OK en dis verby.

Ek het 'n punt gemaak om elkeen van my kinders te vra
hoe die Apartheid van die verlede hulle lewe NOU beinvloed.

Ek was eintlik verbaas oor hulle reaksie. Dit was min of meer:
"Ons verstaan nie Pa se vraag nie." (Ek was verplig om nog
vrae te vra om min of meer 'n antwoord te kry op my
oorspronklike vraag.) Ek reken dat hulle min of meer soos
jou kinders daaroor reageer.

Beste wense
At de Lange
Re: Afrikaans as moedertaal [boodskap #10445 is 'n antwoord op boodskap #10330] Thu, 21 August 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum
skryf in artikel ...
>
> AM de Lange wrote in article ...
>
>> Daar word so oor en weer met aanklagte en verontskuldiging
>> van Apartheid geslinger, dat mense eintlik bevrees raak om
>> Apartheid objektief te bestudeer.
>
> At, hier het jy 'n baie waar ding gesê. Ek merk geen poging in die media om
> so iets te doen nie. Die "liberale" media speel nog aanmekaar die speletjie
> van "pak alles op die sondebok". Die "konserwatiewe" media, daarenteen,
> ignoreer die onderwerp van apartheid heeltemal, en konsentreer daarop om
> doemvoorspellings te maak oor die huidige bestel (wat eintlik maar 'n
> vergelyking met die verlede behels).
Liewe Leendert,

Daar is iets in die manier wat jy jou saak gestel het, wat
my laat besef het dat beide die liberales en konserwatiewes
waarvan jy skryf, eerder in die verlede as in die toekoms
probeer skep. (Daar is ande liberales en konserwatiewes
wat dit nie doen nie, maar dis nie van hulle wat jy skryf
nie.) Miskien fouteer ek deur iets in jou woorde te lees wat
jy nie eers tussen die lyne geskryf het nie.

Wat my verbaas, is dat ons hier met 'n gedrag te doen het
wat beide liberales en konserwatiewes insluit. Hierdie gedrag
behels mense wat in hulle ander gedragte uiteenlopend optree.
Hierdie gedrag is vir my waansinnig omdat dit nie moontlik is
om in die verlede te skep nie. 'n Mens kan alleen in die
toekoms in skep, uitgaande van die hede, deur te vermy wat
sleg was in die verlede en dit wat goed was, steeds te herskep.
(Dit laat my dink aan Pres Kruger se woorde: Neem dit uit die
verlede wat goed was en bou die toekoms daarop.)

Die groot vraag is waarom die mense in die verlede in wil
skep in plaas van in die toekoms in. Ek dink dat jou
skrywe weer die antwoord tussen die lyne gee. Dit is mense
wat in besit geneem is deur negatiewe gedagtes. Tyd
verloop positief die toekoms in, maar negatief die verlede
in. Net so min as wat ons hierdie negatiewe tyd kan betree,
net so min kan ons in die verlede skep.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Die Grasie Gods [boodskap #10455 is 'n antwoord op boodskap #10428] Fri, 22 August 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article ...

> On 8/20/97 12:42PM, in message , "Leendert van
> Oostrum" wrote:
>
>> At skryf oor die verskynsel dat idees, "kennis", of wat ookal nie van een
>> persoon "oorgedra" kan word na 'n ander nie (iets wat die Gestaltsiekundiges
>> in die dertigerjare empiries getoon het):
>>
> OK, julle gaan dalk weer pooh pooh oor my on-Akademiese / onsofistikeerde keuse
> van boeke, maar Kahlil Gibran, die Profeet van Lebanon, het gesê:
>
> "No man can reveal to you aught but that which already lies half asleep in the
> dawning of your knowledge.

Dankie Vira, moerse aanhaling.

Die idee is op filosofiese vlak al baie lank bekend. Sokrates het baie sterk
daaroor gevoel. Plato illustreer in /Menon/ hoe Sokrates tewerk gaan om die
idee van vierkantswortels by 'n seun te laat "ontluik" (om At se term te
gebruik).

Die Arabiese denkers, soos Kahlil Gibran, was ook baie bekend met die
klassieke Griekse en Romeinse werke gedurende die tyd toe Europa dit in
kloosters toegesluit gehou het (ook maar goed, anders was daar vandag ook
maar niks van nie - laat my aan 'n meer onlangse en kontroversiële beleid
dink :-)

Die interessante ding wat die Gestaltiste gedoen het, was om empiriese
getuienis daarvan te vind. Sedertdien het baie ander mense ook bevestiging
daarvan gekry. Tot der mate dat daar net een belangrike (maar wankelende)
skool in die sielkunde is wat dit nie aanvaar nie - die behaviourisme. Die
behaviourisme ontken dit egter ook nie. Hulle spreek hulle bloot nie daaroor
uit nie.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Afrikaans woordenboek
Volgende onderwerp: Botterkoppe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 05:25:05 UTC 2024