Betekenis:
• 'n Mes wat kan toeknip; opvoubare mes wat gewoonlik in die sak gedra word.
Gebruik:
• Oupa kerf die biltong met sy knipmes.
• Knipmesse kan gebruik word om koeverte oop te maak, om tou of lyn te sny, biltong te kerf, vars vrugte af te skil of selfs vir selfverdediging.
Spreekwoord:
• Hy hou sy lyf knipmes. [Hy maak die meisie die hof.]