diensstasie [boodskap #128054] |
Fri, 18 October 2019 18:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diensstasie
Afbreking: diens•stasie
Samestelling: diens + stasie
Uitspraak: /ˈdinˌstɑː.si/
Selfstandige naamwoord: diensstasie
Meervoud: diensstasies
Betekenis:
• Plek waar brandstof in motors gegooi word.
Gebruik:
• Die diensstasie se petroljoggie gooi diesel in die vragmotor.
Sinoniem:
• petrolstasie
• vulstasie
• garage
Vertaling:
Engels: service station, gas station, petrol station
Nederlands: tankstation, benzinestation, pompstation, benzinepomp, pomp
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|