vermaan [boodskap #128036] |
Thu, 17 October 2019 18:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vermaan
Afbreking: ver•maan
Werkwoord: vermaan
Verlede tyd: het vermaan
Betekenis:
• Aanspreek om gedrag te beïnvloed; iemand moreel op die regte pad wys.
Gebruik:
• Greta het volwassenes op die VN-beraad vir klimaatsverandering vermaan omdat hulle nie genoeg doen om die omgewing te beskerm nie.
Verwant:
• vermaanbrief
• vermaning
Vertaling:
Engels: to caution, warn, admonish
Nederlands: vermanen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|