welbedeeld [boodskap #128021] |
Tue, 15 October 2019 18:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
welbedeeld
Afbreking: wel•be•deeld
Samestelling: wel + bedeeld
Byvoeglike naamwoord: welbedeeld
Attributief: welbedeelde
Betekenis:
• Goed toegerus; met baie van iets uitgerus.
• (plat) Met groot borste of geslagsdele.
Gebruik:
• Hy is verstandelik welbedeeld.
• Die sekretaresse is welbedeeld en vooruitstrewend.
Sinoniem:
• goedbedeeld
• welgevorm
Vertaling:
Engels: well-endowed
Nederlands: goed voorzien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|