gons [boodskap #127990] |
Sat, 12 October 2019 08:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gons
Afbreking: gons
Werkwoord: gons
Verlede tyd: het gegons
Betekenis:
• 'n Langdurige, dowwe, brommende geluid maak; 'n egalige dreun (soos van 'n byekorf of as 'n klomp mense gelyktydig praat).
• Suis.
Gebruik:
• Die internet gons oor 'n video van 'n kostelike 5-jarige.
• My ore gons van al die gepratery.
Afgelei:
• gonser
• gonserig
• gonsery
• gonsgeluid
• gonsklank
• gonswoord
Vertaling:
Engels: to buzz, drone, hum
Nederlands: gonzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|