Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fiks
fiks [boodskap #127987] Sa, 12 Oktober 2019 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fiks
Afbreking: fiks


Byvoeglike naamwoord: fiks
Vergrotende trap: fikser
Oortreffende trap: fiksste
Attributief: fikse
Intensief: superfiks, topfiks

Betekenis:
• Sterk en gesond; in goeie liggaamlike kondisie; as mens lank kan oefen sonder om moeg te raak.

Gebruik:
• Mik vir ferm en fiks eerder as om jou oor die skaal te bekommer.

Spreekwoord:
• Die een dag fiks, die ander dag niks. [Die een dag het hy iets en dan verloor hy weer alles.]

Antoniem:
• onfiks

Afgelei:
• fiksheid
• topfiks
• wedstrydfiks

Vertaling:
Engels: fit, healthy, strong
Nederlands: fit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fietsry
Volgende onderwerp: selfbestuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 02:18:42 MGT 2024