omloopverhouding [boodskap #127979] |
Fri, 11 October 2019 15:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omloopverhouding
Afbreking: om•loop•ver•hou•ding
Samestelling: omloop + verhouding
Selfstandige naamwoord: omloopverhouding
Meervoud: omloopverhoudings
Betekenis:
• Die verhouding van lug wat vry deur 'n straalmotor (deur die omloopleiding) vloei teenoor die lug wat deur die verbrandingskamer stroom.
Gebruik:
• Hoe groter die omloopverhouding van 'n vliegtuig se enjins hoe meer geraas word gedemp en hoe stilles sal so 'n vliegtuig vlieg.
• As 'n straalmotor 'n omloopverhouding van 5 het, beteken dit dat daar vir elke kilogram lug wat deur die verbrandingskamer vloei, daar 5 kilogram lug deur die omloopleiding vloei.
Vertaling:
Engels: bypass ratio
Nederlands: omloopverhouding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|