Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » erf
erf [boodskap #127973] Do., 10 Oktober 2019 15:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
erf
Afbreking: erf


Selfstandige naamwoord: erf
Meervoud: erwe
Verkleinwoord: erfie
Meervoud van verkleining: erfies

Betekenis:
• 'n Stuk grond in 'n dorp of stad waarop 'n mens 'n huis kan bou.

Gebruik:
• Ek het 'n erf langs die strand gekoop.

Spreekwoord:
• Elkeen is baas op sy eie erf. [Elkeen kan in sy eie huis maak soos hy wil.]

Hiponiem:
• pypsteelerf

Afgelei:
• erfbelasting
• erfnommer

Vertaling:
Engels: yard, plot, property, premises
Nederlands: erf


Werkwoord: erf
Verlede tyd: het geërf, het geërwe
Teenwoordige deelwoord: erwend, erwende
Verlede deelwoord: geërfde

Betekenis:
• Om geld en besitting na 'n persoon se dood te ontvang; die eiendom van 'n oorledene, meestal 'n familielid, bekom.
• Om 'n karaktereienskap van 'n familielid te kry.

Gebruik:
• Hy erf 'n pragtige skildery van sy ouma.
• Sy het haar oupa se neus geërf.

Spreekwoord:
• Die langslewende erf niks. [Die boedel is bankrot.]

Afgelei:
• erfdeel
• erfenis
• erfgeld
• erfgenaam
• erfgoed
• erflating
• erfporsie
• erfsmet
• erfsonde
• erfstuk

Vertaling:
Engels: to inherit, succeed to
Nederlands: erven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: entrepreneur
Volgende onderwerp: herken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 08:19:04 UTC 2025