Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe lyk ons ? (vir Vira)
Hoe lyk ons ? (vir Vira) [boodskap #10505 is 'n antwoord op boodskap #10506] Fri, 29 August 1997 00:00
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
V skrywe::

> Hallo H-J,
>
> Vertel ons bietjie oor jouself, toe! Wat is jou "veld". Dalk is daar
> ander
> wat ook daarin belang stel, wat sal lei tot verdere gesprekke. Op die
> groep
> weet ons eintlik baie min van mekaar. Ek "sien" amper almal as
> persone voor
> my, en vergeet soms dat ons net 'n kubergroep is. (Miskien is dit
> waarom ek die
> opmerking gemaak het oor "Respek". Dit voel baie keer vir my of een
> mens, of
> 'n paar mense by my is met wie ek gesels. Dan word ek baie rooi in
> die gesig
> wanneer ek weer 'n slag besef hoe baie mense daar eintlik is wat
> hierdie
> boodskappe lees ;-) Ons moet dalk bietjie beskryf hoe ons almal
> mekaar
> voorstel (?) "imagine". Ek dink ons sal lekker lag. Die betrokke
> beskryfde
> persoon moet daarna met eerlikheid vertel wat werklik die geval is.
>

Ek dink dis een van die voor-en nadele van nuusgroepe. Jy kan so oop of
so anoniem bly soos wat jy wil. Die anonimiteit is fyn wanneer jy iemand
wil slegsê, ens, maar dit help myns insiens ook om te weet (of om te
dink) dat die persoon aan wie jy pos/wie se pos jy lees, 'n werklike
persoon, met 'n werklike lewe is, en nie net iemand se fantasie van hoe
hy/sy eintlik wil wees nie.

> Miskien as ons mekaar as werklike Mense ken, en nie net as
> onpersoonlike
> briefies wat op ons rekenaar skerms opkom, sal daar minder "verguis"
> word?
>

Miskien. Ek moet sê, dis partymaal moeilik om aan julle te dink as
multidimensionele persoonlikehede. Die probleem is dat mens op 'n ng net
'n klein faset van mense se persoonlikheid kan ondersoek. Dus sien mense
jou (bv. vir hierdie ng) net terwyl jy in
soc.culture.south-africa.afrikaans - modus is. Ons weet nie veel meer
van mekaar af nie. Dit was vir my 'n openbaring toe ek At een aand bel
(ons werk albei vir UP) nadat ek een van sy boodskappe oor die woestyn
gelees het. Om sy stem te hoor is miljoene keer beter as om net die
briewe te lees.

> Miskien moet ek die speletjie begin... Ek sien jou as 'n man van
> omtrent 40
> jaar oud. Jy's seker taamlik groot. Wanneer ek met jou gesels, is
> daar 'n
> sterk, vierkantige tipe gesig voor my, (ek noem jou nie 'n kwadraatkop
> nie!),
> jy't dik bruin hare wat golwend agtertoe en so bietjie na die kant
> gekam is.
> Soms dra jy 'n leesbril, maar nie altyd nie. Het jy ooit 'n pyp
> gerook? Maar
> nou't jy miskien opgehou. Jou klere is smart-casual. 'n Hemp met
> lyne wat
> blokke vorm, miskien rooi strepies. Jy kan eintlik gevlei voel, dis
> nogal 'n
> mooi man wat ek sou skilder!
>

Wel, ek voel nogal BAIE gevlei. Mag ek jou borrel bars ?

Ek's 23, 5'9", weeg 65 kg. My gesig is meer wankelvormig (nie 'n skerp
driehoek nie). Ek het dik hare, maar hulle's meer blond as bruin. Ek dra
bifocals (op my ouderdom ! Hulle's darem nie dik nie.) Nog nooit aktief
gerook nie. Miskien sou ek sigaar gerook het, as dit nou die '60s was,
en dit nog sosiaal aanvaarbaar was. Ek dra altyd denims (nie verflenter
nie). In die somer dra ek somershemde, gewoonlik T-hemde (ook darem nie
verflenter nie). Hitec boots is my skoene, behalwe wanneer ek netjies
wil wees. Dan dra ek swart Dr Scholl's. Ek gebruik my knipmes gereëld,
dus is hy in 'n leersakkie aan my belt. My sanitêre foon is aan my
linkerkant.

> Ek kan my nie indink watter tipe werk jy sou doen, of wat jou "veld"
> kan wees
> nie, behalwe dat dit klaarblyklik met rekenaars te doen het. Jy moet
> jou eie
> kantoor hê, met 'n soliede hout lesenaar!
>

Die het ek wel. Die Universiteit voorsien sekere goed. My primôre veld
(lees hier opleiding) is in elektriese ingwese, swaarstroom. Ek het my
Bing aan die einde van verlede semseter klaargemaak. Ek werk vir die
Rekenaarwetenskap Dept, as tegniese assistent. Dit sluit in
netwerkadmin, tegniese ondersteuning, ens. As iemand vuilwerk het wat
gedoen moet word, en dis van 'n elektriese/meganiese aard, word ek maar
gewoonlik gevra. Partymaal sê ek nee. :-)

Dis alles nou net terwyl ek op die uitkyk is vir 'n werk in die regte
wêreld van Ingenieurs. Sal seker eendag daar uitkom :-).

> Alles pure verbeelding. :-)
> Laat weet tog hoe reg of verkeerd dit is! Ek is weer lus om bietjie
> te lag.
>

Dis pret, hierdie ! My beurt.

Daar is iets in die ouderdom wat jy my in geplaas het. Dus plaas ek jou
in dieselfde kategorie: 35-something. Jy's van Duitse afkoms (as ek van
jou vorige briewe reg onthou), dus dink ek jy's baie energiek, redelik
presies en goed in jou werk. Ongelukkig kan ek nie 'n geestesoogprentjie
vir jou opstel nie. Jou naam (Vira) laat my te veel dink aan die TV
karakter Elvira.
As jy weet van wie ek praat, hoop ek jy lag saam met my. As jy nie weet
nie, dink aan Morticia Addams. :-). No Luck there, I'm afraid.

Ek dink jy's getroud, met 2 kinders. Tussen 10 en 15 jaar oud. Hulle
gaan óf na 'n duitse skool, óf na 'n Engelse skool.

Ek weet nie watter tipe werk jy doen nie. Ek het hoegenaamd gee idee
nie. Ek kan ook nie raai wat jou man doen nie. Ek maak 'n wilde raai en
sê dat hy in besigheid is, of hy's 'n professionele persoon.

Sjoe ! Ek's nou moeg gedink.

As julle lus is vir pret, gaan kyk Men In Black. Sit terug en geniet
dit. Kyk ook uit wie almal Aliens is. Julle sal dit geniet.

H-J

> Laggend,
> Vira.
Re: Hoe lyk ons ? (vir Vira) [boodskap #10506 is 'n antwoord op boodskap #10505] Fri, 29 August 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/29/97 1:25PM, in message , Henri-John
Kock wrote:

>
> Dit was vir my 'n openbaring toe ek At een aand bel
> (ons werk albei vir UP) nadat ek een van sy boodskappe oor die woestyn
> gelees het. Om sy stem te hoor is miljoene keer beter as om net die
> briewe te lees.

At, ek wil ook daai mooi stem van jou nou hoor! Miskien moet ons almal
Webphones installeer dat ons sommer almal tegelyk kan praat, stry, en lag ook!
Ons moet dalk 'n partytjie reël oor Kersfees, waar almal iets bring na 'n
groterige "venue" soos byv UP, en mekaar beter leer ken. Ek sou nogal hou
daarvan. Kersfees is ook 'n tyd wanneer miskien van die oorsese mense 'by die
huis' kom kuier. Ek wil julle almal in werklikheid ontmoet, veral Gloudina!
(Nee ek wil nie swaarde kruis met haar nie, ek wil vriende maak!) Leendert
moet maar sy eie stomp messegoed saambring. Of ons eet sommer met ons vingers.
Dan speel ons net Afrikaanse musiek, en At moet by die braaivleis vuur sit en
stories vertel. Galjoen moet kom seremoniemeester speel. En grappe vertel.
Koos kan loop skryf oor die "tribal gathering".

>
> Ek's 23, 5'9", weeg 65 kg. My gesig is meer wankelvormig (nie 'n skerp
> driehoek nie). Ek het dik hare,

snip
>
Huh. Hier moet ek nou weer 'n hele omstelling maak. Jy stress my uit! Kon jy
nie maar ingepas het by my beeldtjie nie? Jy's in elk geval te jonk om so wys
te klink!
> Dis lekker om so van jou te hoor.
>
>
>
> Dis pret, hierdie ! My beurt.

hmmmmm. ek wonder. Moet ek nou antwoord, of moet ek almal eers 'n slag laat
raai?
>
> Jy's van Duitse afkoms (as ek van
> jou vorige briewe reg onthou), dus dink ek jy's baie energiek, redelik
> presies en goed in jou werk.

Yep. Die plek kan nogal heel slordig om my lyk. Partymaal verskriklik so. As
ek weet my pa kom kuier moet ek 'n hele twee dae eers opruim. Anders hol hy
weg. Maar met my werk is ek 'n absolute perfektionis. 'n Egte pyn. Ek is 'n
"Bench Monkey", en niemand, _Niemand_, moet dit waag om aan my werksbank te sit
en werk, of mors nie. As jy soos my vriend was, het jy kabels gestrip en die
stukkies plastiek op my werksbank laat lê. Dan het ek gestrip soos nog niks
wat jy op hierdie ng gesien het nie.

Julle kan nog so bietjie raai oor die werk wat ek doen (At, moet tog nie vir
hulle sê nie!)

> Jou naam (Vira) laat my te veel dink aan die TV
> karakter Elvira.
Ja, my naam is eintlik Elvira. Ek ken ongelukkig nie die TV program nie.
(Klink maar Yuck!) Verkies om aan Noel Coward se "Blythe Spirit" te dink, of
die opera Elvira Madigan .

> As jy nie weet
> nie, dink aan Morticia Addams. :-).

Ek is dol oor die Adams familie! Veral Morticia! Kan ook nie wag om Men in
Black te gaan sien nie. Wonderlike "graveyard humour" hoor ek van Barry Ronge.
Die twee films het dieselfde regisseur.

> Ek dink jy's getroud, met 2 kinders.

Nee. Wil nie getroud wees nie. Het omtrent tien jaar al dieselfde vriend. Hy
gaan baie oorsee, en ek hou nogal daarvan om alleen te wees. Kan met myself
praat sonder dat iemand kort-kort vir my vra wat ek daar sê nie. Kinders
giggel, maar hulle word ignoreer. Ek geniet soms die kinderdinge meer as die
kinders. My tienderjarige rol deesdae baie haar oë rond en sê "Mother!" [in
disgust]. Sy't g'n sin vir humor nie.

> Tussen 10 en 15 jaar oud. Hulle
> gaan óf na 'n duitse skool, óf na 'n Engelse skool.

Reg.
>
> Ek kan ook nie raai wat jou man doen nie. Ek maak 'n wilde raai en
> sê dat hy in besigheid is, of hy's 'n professionele persoon.
My vriend het 'n klein besigheidjie, in dieselfde lyn as joune.

>
> Sjoe ! Ek's nou moeg gedink.
>
Dit was lekker gewees. Wie's volgende?

Vira.
Vorige onderwerp: Kies kies
Volgende onderwerp: Jan Smuts ens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 05 06:42:25 UTC 2025