| eina [boodskap #127948] |
Ma., 07 Oktober 2019 06:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24719 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eina
Afbreking: ei•na
Tussenwerpsel: eina
Betekenis:
• Uitroep van pyn en lyding as iemand seerkry.
Gebruik:
• Eina, ek het my toon gestamp!
Vertaling:
Engels: ouch!, ow!
Nederlands: au
Byvoeglike naamwoord: eina
Betekenis:
• Karig; skraps; kwalik voldoende.
Gebruik:
• Sy kennis van Afrikaans is maar eina.
• Daai broekie is ook maar eina.
Vertaling:
Engels: skimpy
Nederlands: zozo, matigjes
Selfstandige naamwoord: eina
Meervoud: –
Betekenis:
• (kindertaal) 'n Seer plek.
Gebruik:
• Kom laat mamma die eina soen.
Vertaling:
Engels: sore, wound, bruise
Nederlands: zeer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|