effektief [boodskap #127937] |
So, 06 Oktober 2019 08:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
effektief
Afbreking: ef•fek•tief
Byvoeglike naamwoord: effektief
Vergrotende trap: effektiewer
Oortreffende trap: effektiefste
Attributief: effektiewe
Betekenis:
• Doeltreffend en optimaal.
• Werklik; reëel.
Gebruik:
• Ons soek altyd na effektiewe metodes om produksie te verhoog.
• Die effektiewe vermoë van die apparaat is laer as wat op die doos vermeld word.
Sinoniem:
• doeltreffend
Antoniem:
• oneffektief
Afgelei:
• effektiwiteit
Vertaling:
Engels: effective; real
Nederlands: effectief
Nota:
• Effektief moenie met affektief verwar word nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|