Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duisendpoot
duisendpoot [boodskap #127926] Sa., 05 Oktober 2019 13:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26735
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Duisendpoot.
'n Duisendpoot.
duisendpoot
Afbreking: dui•send•poot
Samestelling: duisend + poot


Selfstandige naamwoord: duisendpoot
Meervoud: duisendpote
Verkleinwoord: duisendpootjie
Meervoud van verkleining: duisendpootjies

Betekenis:
• 'n Geleedpotige met twee pare pote aan elke liggaamsegment, klas Diplopoda.

Gebruik:
• 'n Duisendpoot kan homself oprol as hy gevaar bespeur.
• Duisendpote het twee pare pote per segment, terwyl 'n honderdpoot een paar pote per segment het.

Sinoniem:
• reënwurm
• roltoe
• songololo
• sjongolôlo
• swaarweerwurm

Vertaling:
Engels: millipede
Nederlands: miljoenpoot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duim
Volgende onderwerp: duiwel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 05 04:11:34 UTC 2026