dubbel [boodskap #127922] |
Sat, 05 October 2019 09:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dubbel
Afbreking: dub•bel
Byvoeglike naamwoord: dubbel
Attributief: dubbele
Partitief: dubbels
Betekenis:
• Twee keer soveel.
• Twee gelyke, ooreenstemmende dele.
• Geskik vir twee mense.
Gebruik:
• Hy moet dubbel soveel geskenke as laas jaar koop.
• Die kombers is dubbel gevou. Gooi vir my 'n dubbel.
• Sy slaap op 'n dubbelbed.
Spreekwoord:
• Hy het dit dubbel en dwars verdien. [In 'n baie hoë mate.]
• Sy tong slaan dubbel. [Iemand praat moeilik omdat hy dronk is.]
Wisselvorm:
• dubbeld
• duwweld
• duwwel
Sinoniem:
• tweevoudig
Antoniem:
• enkel
Afgelei:
• dubbelbol
• dubbeldelig
• dubbeldoor
• dubbelfasig
• dubbelhol
• dubbelkonkaaf
• dubbelsinnig
• dubbelvlek
Vertaling:
Engels: double, dual, twice
Nederlands: dubbel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|