deurmekaar [boodskap #127883] |
Sun, 29 September 2019 06:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deurmekaar
Afbreking: deur•me•kaar
Samestelling: deur + mekaar
Byvoeglike naamwoord: deurmekaar
Vergrotende trap: deurmekaarder
Oortreffende trap: deurmekaarste
Attributief: deurmekaarder
Betekenis:
• Wat nie netjies en ordelik lyk nie; slordig; ordeloos.
• Wat nie mooi kan onthou of helder kan dink nie; verward; verbysterd.
• Wat vermeng is; verskillende dinge saam.
Gebruik:
• Jou kamer is deurmekaar, maak dit aan die kant!
• Ná die operasie was sy baie deurmekaar.
• Sy is met die verkeerde vriende deurmekaar.
Spreekwoord:
• Sy boeke is deurmekaar. [Sy sake is in wanorde.]
• Hulle jaag hul bokke en skape deurmekaar. [Hulle trou.]
• Die Kaapse dokter waai jou deurmekaar. [Die suidoostewind in die Boland.]
Sinoniem:
• chaoties
• ongeorganiseerd
• onordelik
• ordeloos
• slordig
• wanordelik
• dronkgeslaan
• onsamehangend
• oorbluf
• verbysterd
• verdwaas
• verward
• warhoofdig
• ylhoofdig
Antoniem:
• netjies
Afgelei:
• deurmekaarboerdery
• deurmekaarbos
• deurmekaarmaak
• deurmekaargooi
• deurmekaarraak
• deurmekaarspul
Vertaling:
Engels: untidy, in a mess; confused, delirious; mixed-up, heterogeneous
Nederlands: rommelig; verward, ijlen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|