dame [boodskap #127866] |
Sat, 28 September 2019 09:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dame
Afbreking: da•me
Selfstandige naamwoord: dame
Meervoud: dames
Verkleinwoord: dametjie
Meervoud van verkleining: dametjies
Betekenis:
• 'n Beskaafde vrou.
• Die formele aanspreekvorm vir 'n vrou.
• (skaak) Die koningin op 'n skaakbord.
Gebruik:
• Die meisie het 'n ware dame geword. 'n Dame sal nie sulke lelike woorde gebruik nie.
• Daar is aparte toilette vir dames en here. Geagte dames en here! Ek heet u hartlik welkom.
• Ná die koning is die dame die belangrikste skaakstuk.
Antoniem:
• heer
Vertaling:
Engels: lady
Nederlands: dame
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|