heen [boodskap #127848] |
Do, 26 September 2019 06:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heen
Afbreking: heen
Bywoord: heen
Betekenis:
• Weg; die verte/ewigheid in.
• Na; die plek of rigting waarin iemand/iets gaan.
Gebruik:
• Die prinses wink vir die koetsier en die voertuig rol heen. Hy gaan saggies heen.
• Waar dink jy gaan jy heen?
Spreekwoord:
• Twee honde om een been, die derde loop daarmee heen. [As twee mense om een ding twis, kom dit dikwels in die besit van 'n ander persoon.]
Verwant:
• heen-en-weer
• daarheen
• heenkome
• hierheen
• voorheen
Vertaling:
Engels: away, somewhere, nowhere
Nederlands: heen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|