stamina [boodskap #127835] |
Wo, 25 September 2019 05:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stamina
Afbreking: sta•mi•na
Selfstandige naamwoord: stamina
Meervoud: –
Betekenis:
• Energie en krag om voort te gaan om iets oor 'n lang tydperk te doen; krag van volgehoue inspanning of weerstand teen swaarkry, siekte, ens.
Gebruik:
• 'n Ryperd sonder stamina beteken min vir 'n boer.
• Die atlete se fiksheid, uithouvermoë, stamina en krag is behoorlik op die proef gestel.
Vertaling:
Engels: stamina, endurance, staying-power
Nederlands: uithoudingsvermogen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|