sweefspoor [boodskap #127831] |
Di, 24 September 2019 15:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sweefspoor
Afbreking: sweef•spoor
Samestelling: sweef + spoor
Selfstandige naamwoord: sweefspoor
Meervoud: sweefspore
Verkleinwoord: sweefspoortjie
Meervoud van verkleining: sweefspoortjies
Betekenis:
• Kabel waarmee karretjies of stoeltjies in die lug getrek word.
Gebruik:
• Tafelberg het 'n sweefspoor met kabelkarretjies aan die westelike hang wat besoekers na die kruin neem.
Sinoniem:
• sweefspoorweg
• kabelspoor
• kabelbaan
• kabelweg
Vertaling:
Engels: cableway, aerial railway
Nederlands: kabelbaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|