| brei [boodskap #127799] |
So., 22 September 2019 08:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Meisie wat brei.
brei
Afbreking: brei
Werkwoord: brei
Verlede tyd: het gebrei
Teenwoordige deelwoord: breiend, breiende
Verlede deelwoord: gebreide
Betekenis:
• Om iets met penne en wol te maak, soos 'n trui of serp.
• Om iets te verhard/ taai te maak, soos met velle of 'n sportspan.
Gebruik:
• Ouma brei vir my handskoene vir die winter.
• Die afrigter brei sy span.
Afgelei:
• breigare
• breimasjien
• breinaald
• breipatroon
• breipen
• breisteek
• breiwerk
• breiwol
Homofoon:
• bry (die "r"-klank met die kleintongetjie uitspreek)
Vertaling:
Engels: to knit; to coach, train, harden
Nederlands: breien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|