boelie [boodskap #127769] |
Tue, 17 September 2019 20:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boelie
Afbreking: boe•lie
Uitspraak: /ˈbu.li/
Selfstandige naamwoord: boelie
Meervoud: boelies
Verkleinwoord: boelietjie
Meervoud van verkleining: boelietjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat ander terg, spot en seermaak; iemand wat mense wat swakker of ondergeskik is afknou.
Gebruik:
• Die boelie is uit die skool geskors.
Sinoniem:
• afknouer
• bullebak
Antoniem:
• slagoffer
Afgelei:
• boeliegedrag
• kuberboelie
• paaiboelie
Vertaling:
Engels: bully
Nederlands: wreedaard, pestkop, treiteraar
Werkwoord: boelie
Verlede tyd: het geboelie
Betekenis:
• Iemand terg en spot; afknou.
Gebruik:
• Die groter seuns boelie hom by die skool.
Vertaling:
Engels: to bully
Nederlands: pesten, treiteren, jennen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|