middelharsings [boodskap #127758] |
Sun, 15 September 2019 20:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
middelharsings
Afbreking: mid•del•har•sings
Samestelling: middel + harsings
Selfstandige naamwoord: middelharsings
Meervoud: –
Betekenis:
• Boonste deel van die breinstam wat net onder die serebrum en net bo die pons geleë is.
Gebruik:
• Die middelharsings is 'n gedeelte van die sentrale senuweestelsel wat verband hou met sig, gehoor, motoriese beheer, waaksaamheid en temperatuurregulering.
Sinoniem:
• midbrein
• middelbrein
• mesenkefalon
• mesensefalon
Vertaling:
Engels: mesencephalon, midbrain
Nederlands: mesencephalon, middenhersenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|