betyds [boodskap #127723] |
Sat, 14 September 2019 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
betyds
Afbreking: be•tyds
Bywoord: betyds
Betekenis:
• Binne die beskikbare tyd; voor dit te laat is; op tyd.
Gebruik:
• Dit was ook net betyds.
Spreekwoord:
• Betyds keer is 'n goeie geweer. [Dis beter om moeilikheid te voorkom as om dit te probeer bestry.]
Sinoniem:
• tydig
• vroeg
Antoniem:
• laat
Vertaling:
Engels: on time, in good time
Nederlands: bijtijds
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|