Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » belt
belt [boodskap #127688] Mon, 09 September 2019 07:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Leerbelt.
'n Leerbelt.
belt
Afbreking: belt


Selfstandige naamwoord: belt
Meervoud: belde
Verkleinwoord: beltjie
Meervoud van verkleining: beltjies

Betekenis:
• 'n Band (gordel) wat om die lyf gedra word, meestal om 'n broek bo te hou.
• 'n Veiligheidsgordel in 'n kar.

Gebruik:
• Maak jou broek en jou belt los geleidelik; die leeuloop is baie verleidelik. [Robbie Wessels]
• Sit jou belt aan voor jy ry.

Sinoniem:
• gordel
• lyfband

Vertaling:
Engels: belt
Nederlands: riem, gordel

Nota:
• Afgelei van Engels, 'belt', 'n gordel. Die voorkoms van "belT"/"belDe" is ongewoon. Afrikaans het gewoonlik 'n [d] op die einde van 'n woord wat as 'n [t] uitspreek word, wat dan in verbuigings ook 'n [t] word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: belofte
Volgende onderwerp: tendens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 16:24:19 UTC 2024