Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe stories oppie stoep
Nuwe stories oppie stoep [boodskap #34640 is 'n antwoord op boodskap #34654] Thu, 21 September 2000 00:00
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: December 2002
Karma: 0
Senior Lid
'Jy weet', sê ek vir Hannie oor die koppie tee. "Daai vrindin van ons in
Kanada sê nou die dag vir my dat sy alles weet. Toe wonder ek nou net of sy
ook weet van die klippe onder die brug hier agter by die rivier. Sien, as sy
dit weet dan kan sy mos vir my sê hoekom Leendert nou so min by ons op die
stoep kom sit en gesels. Weet jy wat van daai Trewelaar geword het? Ja man
daai een wat so baie snert kwytgeraak het. Sien sy't mos met hom ook so sit
en gesels oor die herwinning van jou eie piepie-waters en wat nog.
Maar wag, daar roep ou Herklaas al weer"

"Ek kom ou man! Gee net kans, wil eers hier vir ou Hannie 'n ding gestorie
het"
"Ai tog die ou met sy nat broek. Nes jy-weet-wie"

Thys oppie Bos meddie-tong-inniekies

> Tannie van Helsdingen. As Elaine haar oppof met
> warm lug, dan sal tannie 'n speldjie daarin steek.
>
Re: Nuwe stories oppie stoep [boodskap #34654 is 'n antwoord op boodskap #34640] Thu, 21 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> 'Jy weet', sê ek vir Hannie oor die koppie tee. "Daai vrindin van ons in
> Kanada sê nou die dag vir my dat sy alles weet. Toe wonder ek nou net of sy
> ook weet van die klippe onder die brug hier agter by die rivier. Sien, as sy
> dit weet dan kan sy mos vir my sê hoekom Leendert nou so min by ons op die
> stoep kom sit en gesels. Weet jy wat van daai Trewelaar geword het? Ja man
> daai een wat so baie snert kwytgeraak het. Sien sy't mos met hom ook so sit
> en gesels oor die herwinning van jou eie piepie-waters en wat nog.

Nee, Thys. Hy het soos 'n groot speld verdwyn. Daar
sal weer 'n katastrofies-interessante ding moet gebeur
voordat hy by ons kom inloer. Laas het die Boetman-
debat hom teruggebring. Maar hy het darem nooit "snert"
gepraat nie. Ek het bietjie rondgevra. Hy is ook nie op
die Afrikaanse eposlys nie.
Daardie klippe onder die brug in die rivier -dit maak my
vol heimwee. Ek neem aan jy praat van die Eersterivier.
Watter brug praat jy van. Die een na Coetzenburg toe.
Ek verlang selfs na die kappertjies naas die Eersterivier.
Is dit nou die seisoen wanneer hulle blom?

Gloudina
Vorige onderwerp: Lesse uit die Natuur
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Noodsaaklike gebruik van wapens Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 20:53:51 UTC 2024