Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beatrijs is 'n Middelnederlandse Marialegende uit die veertiende eeu. Die handskrif waarin die legende oorgelewer is, dateer van kort voor 1374 en word in die Koninklike Biblioteek in Den Haag bewaar. Die werk kom voor in die Dialogus Miraculorum van Caesarius van Heisterbach (1222). Die gedig is in 1841 deur W.J.A. Jonckbloet en later in 1902 deur Kaakebeen en Lighthart uitgegee.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.