begeerte [boodskap #127657 ]
Vr., 06 September 2019 17:02
Leksikograaf
Boodskappe: 26356Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Begeerte (hebsug) word as een van die hoofsondes uitgebeeld.
begeerte
Afbreking: begeerte
Selfstandige naamwoord: begeerte
Meervoud: begeertes
Verkleinwoord: begeertetjie
Meervoud van verkleining: begeertetjies
Betekenis:
• Sterk wens of verlange na iets.
Gebruik:
• Sy het 'n begeerte om die berg Kilimandjaro uit te klim.
• Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. [Jakobus 1:14]
Sinoniem:
• drang
• hunkering
• lus
• sug
• verlange
• versugting
• wens
Hiponiem:
• geslagsbegeerte
• hartsbegeerte
• heilsbegeerte
• sielsbegeerte
• wysbegeerte
Vertaling:
Engels: desire, wish, want
Nederlands: begeerte, verlangen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.