Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bedank
bedank [boodskap #127649] Wo, 04 September 2019 20:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedank
Afbreking: be•dank


Werkwoord: bedank
Verlede tyd: het bedank

Betekenis:
• Sê dankie vir iets; dank betuig.
• Van die hand wys; afsê.
• Uittree; ontslag neem.

Gebruik:
• Hy het almal vir hulle goedhartigheid bedank.
• Sy het die uitnodiging bedank.
• Hulle het vir hom 'n afskeidsgeskenk gekoop toe hy bedank.

Spreekwoord:
• Wat jy bedank, is jy kwyt. [As jy 'n present afwys, kry jy dit nie later nie.]

Antoniem:
• aansluit
• aanstel

Afgelei:
• bedanking

Vertaling:
Engels: to thank; to resign
Nederlands: bedanken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedags
Volgende onderwerp: bedek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 23:40:52 MGT 2024