Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reddingsboot
reddingsboot [boodskap #127640] Di., 03 September 2019 07:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25506
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Reddingsboot word te water gelaat.
'n Reddingsboot word te water gelaat.
reddingsboot
Afbreking: red•dings•boot
Samestelling: redding + -s- + boot


Selfstandige naamwoord: reddingsboot
Meervoud: reddingsbote
Verkleinwoord: reddingsbootjie
Meervoud van verkleining: reddingsbootjies

Betekenis:
• Spesiale boot om 'n skip veilig in geval van nood te kan verlaat.
• Boot van 'n reddingsorganisasie wat uitvaart as iemand op water in nood verkeer.

Gebruik:
• Slegs een reddingsboot kon te water gelaat word en net 12 mense het die ramp oorleef.
• 'n Reddingsboot in uitgestuur om die bemanning van die sinkende vissersboot op te pik.

Vertaling:
Engels: lifeboat
Nederlands: reddingsboot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: band
Volgende onderwerp: swygelaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jun. 17 08:58:07 UTC 2026