Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laag
laag [boodskap #127626] So., 01 September 2019 06:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26814
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
laag
Afbreking: laag
Uitspraak: /lɑːχ/


Selfstandige naamwoord: laag
Meervoud: lae
Verkleinwoord: lagie
Meervoud van verkleining: lagies

Betekenis:
• 'n Horisontale massa, uitgestrek in twee rigtings met 'n beperkte dikte.
• 'n Bedekking of dele bo-op mekaar.

Gebruik:
• Die geologiese laag bevat fossiele van verskillende plante en diere.
• Die koek het twee lae room en een laag versiersuiker.

Spreekwoord:
• Hy gee my die volle laag. [Hy sê my sleg, val my aan.]

Hiponiem:
• bolaag
• rotslaag

Afgelei:
• laagte
• laagwater

Vertaling:
Engels: layer, stratum
Nederlands: laag


Byvoeglike naamwoord: laag
Vergrotende trap: laer
Oortreffende trap: laagste
Attributief: lae
Partitief: laags
Intensief: hondlaag

Betekenis:
• Wat naby aan die grond is; nie hoog nie.
• Wat min, klein of gering is.
• Wat lelik en gemeen is.

Gebruik:
• Die tafel is te laag vir die stoel.
• Die prys is laag in vergelyking met ander winkels.
• Dit is uiters laag om so te jok.

Spreekwoord:
• Hoog en laag sweer. [By die hemel en aarde sweer.]
• Hoog gevlieg en laag geval. [Iemand het te weelderig gelewe en toe bankrot gespeel.]

Antoniem:
• hoog

Vertaling:
Engels: low, base; mean, abject, vile, foul
Nederlands: laag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lam
Volgende onderwerp: dronk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 12 18:21:51 UTC 2026