Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bak
bak [boodskap #127612] Fri, 30 August 2019 20:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bak met pere.
'n Bak met pere.
bak
Afbreking: bak
Uitspraak: /bak/


Selfstandige naamwoord: bak
Meervoud: bakke
Verkleinwoord: bakkie
Meervoud van verkleining: bakkies

Betekenis:
• 'n Hol voorwerp waarin iets gehou kan word.
• Die hoeveelheid wat in so 'n houer ingaan.
• Die agterste deel van 'n kar, vragmotor of bakkie waarin goed gelaai kan word; kattebak.

Gebruik:
• Skep die slaai in daai bak.
• Gooi twee bakke water oor die plant.
• Laai die kruideniersware in die bak.

Spreekwoord:
• Gou by die bak, lui by die vak. [Gou om te eet, maar stadig om te werk.]
• Hulle eet nie uit een bak nie. [Hulle kom nie met mekaar klaar nie.]
• Lui by die vak, maar fluks by die bak. [Stadige werker met 'n groot eetlus.]

Hiponiem:
• kosbak
• mengbak
• oondbak
• skepbak
• slaaibak
• waterbak

Vertaling:
Engels: bowl, basin; boot
Nederlands: bak


Werkwoord: bak
Verlede tyd: het gebak
Teenwoordige deelwoord: bakkende

Betekenis:
• (kookkuns) Om iets met hitte gaar te maak.
• Om iets in hitte te laat hard word.
• Om hitte af te gee.

Gebruik:
• Sy bak 'n koek.
• Die pottebakker bak 'n kleipot in die hoogoond.
• Die sonnetjie bak lekker vandag.

Spreekwoord:
• Bak en brou. [Knoei. Alles verknoei en bederf.]
• Mooi broodjies bak. [Iemand vlei om in sy guns te kom.]
• Iemand ’n poets bak. [Iets grappigs doen ten koste van iemand.]
• Môre bak ons soetkoek. [Dié praatjies het ek al vantevore gehoor.]
• Soetkoekies bak. [Mooipraatjies voorhou.]

Verwant:
• bakker
• bakpapier
• bakplaat

Vertaling:
Engels: to bake, fry; fired
Nederlands: bakken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bagasie
Volgende onderwerp: inset
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 15:54:07 UTC 2024