Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tweede Vryheidsoorlog
Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #16807 is 'n antwoord op boodskap #27586] |
Fri, 22 October 1999 00:00 |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Met voorbehoud van regte: (M.a.w. Niemand mag my "sue"nie!)
In die media (pers, TV, nuusgroepe) bestaan aansienlike twyfel aangaande die
korrekte benaming van die Anglo Boere-Oorlog. In my hart der harte het ek
geen twyfel hieroor nie. Vegun my dus enkele lyne in 'n penskets van die agtergrond
van my denke. My sieninge is subjektief (my eie!) en ek gaan my nie laat
beïnvloed deur enige handboek, proffie, politieke party, koerant, drukgroep, óf
polities-korrekte pretensie nie. Cas van den Bergh het outjies wat met sagte
handjies en fyn stemmetjies praat, piepeliefies genoem. Ons (en ek sluit
myself nie uit nie) is 'n nasie van piepeliefies! Hoe 'n Afrikaner in die
buiteland en hier, die "guts" kan hê om op te staan en met trots in die
openbaar kan verklaar dat hy Boere-Afrikaner is, gaan my verstand te bowe.
Ons het alles verloor! Ons vryheid. Ook ons selfrespek. Miskien ook ( en ek
sê dit met huiwering) ....ons skaamte. Want as jy skaam is het jy nog 'n
bietjie selfrespek ; .... is daar nog iets heiligs iewers wat jy aan jou
hart kan koester. Toe die Bittereinders by die Vrede van Vereeniging die
wapen moes neerlê, het van ons voorsate hulle gewere gevat en teen bome
stukkend geslaan. Hulle het ná 'n bittere stryd hulle vryheid verloor - DIT
wat die primêre dryfveer vir die aanvanklike gewapende stryd was. Enige
student in die etologie (studie van karakter) sal hier iets heroïes bemerk -
die noue verbintenis tussen 'n kryger en sy wapen. Hier is ook iets tragies!
Die klassieke tragiese held WEET dat hy geen kans tot oorlewing het nie...
en tog veg hy voort! Toe hulle die wapens vernietig, was die boodskap: Kom
vat my land, kom vat my vrou en kinders, kom vat alles wat ek het, maar
hierdie wapen, die simbool van my verset, sal julle nie kry nie! Maar... toe
ons van alles gestroop was, het iets nuuts sigbaar geword - die siel van die
Afrikaner. Dit wat sy hart laat klop, dit wat hom die unieke skepsel maak
wat hy is. En dit bring my by die waaroms en die hoekoms.
Vir haar Majesteit, Koningin Victoria, se "Empire Builders" het dit oor die
goud van die Transvaal gegaan, Net soos dit in 1838 oor Natal se steenkool
gegaan het. Die Industriële Revolusie het bepaal dat stoom die nuwe
dryfmiddel sou wees en die Empire het geweet daar is steenkool in Natal. Die
filantropie was maar 'n dekmantel Net soos die Uitlanderkwessie in 1899 die
dekmantel was.
Die Reform Committee het wapens ingesmokkel! Wat wou hulle daarmee maak?
Jag? Skyfskiet? Nee, hulle wou ons mense vermoor sodat hulle materiële gewin
uit ons besit kon maak. Ons was niks meer as "bekvelders" in hulle oë nie.
En, het hulle gedink, as ons in 1881 met 'n handjievol "huurlinge" die
Vierkleur in die hart van Pretoria kon kom afhaal en met die Union Jack
vervang, kan dit weer gedoen word. Sommer gou-gou! Toe ons met die
tweekamer-stelsel begin
(in die 1980's) moes ek juis aan 'n matriekklas probeer verduidelik waarom
Paul Kruger die tweede volksraad vir die Uitlanders gestig het. Baie van die
uitlanders was toe reeds lank genoeg in die Republiek van Transvaal om
burgerskap te verkry. Die reg tot burgerskap is hulle nie ontsê nie. Hulle
het stemreg verkry in die eerste volksraad. Maar die "nuwe" goudsoekers het
so aan die Empire vasgekleef dat eie skole en eie plaaslike besture en die
vreeslike belastings wat Paul Kruger se regering gehef het, en die
onregverdige konsessiestelsel rede genoeg was dat Koningin Victoria moes
ingryp teen die tirannie van dié bekveld-diktator. Jameson het 'n bloedbek
gekry. Sy "vredesmissie" was 'n mislukking.
Nadat Kruger aangeval is, nádát hy gesien het wat die versluierde motiewe
was van die Imperialiste (mense wat ten koste van ander hulle self en hulle
land van herkoms wil verryk) ... sluit hy die driwwe. Een enkele daad van
verset teen 'n onreg word vertolk as aggressie. Die Britse magte omsingel
die onafhanklike Republieke van die Oranje Vrystaat en die Transvaal. In
reaksie op hierdie bedreiging; in reaksie op sy wil om sy eie vaderland te
behou, stuur hy die ultimatum aan Haar Majesteit EN DIT maak hom die
aggressor! As hier iemand by my voorhekkie met 'n wapen kom staan en hy
"point" my.... en hy ignoreer my versoek om homself te verwyder, is ek die
aggressor as ek hom saggies (net met woorde) die weg wys? Ek lees die
volgende in 'n slapbandroman: ( "A bed in the sticks"- die naam van die
outeur ontgaan my)
"Don't fight for the things you believe in
you can't win a battle on hope.
Dear Irishman, learn to be English
or swing from the end of a rope."
Vir hierdie dom boer sê dit alles. Deur ons geskiedenis
was die vryheidsideaal die dryfveer, die aspirasie van 'n nasie. Ons
volksgeboorte is geloog deur die Groot Trek. Piet Retief het nie sommer sy
wa gepak en gewaai nie. Hy was daartoe gedwing!! Sy selfrespek het hom
gedryf.
Hy was kommandant en moes feitlik permanent op instruksie van Haar
Majesteit,
dieselfde ou spiritualis koningin as die een wat Paul Kruger probeer
verneder het!!! , teen die Xhosas veg. Het sy of haar mense al gesê "sorry"?
Ek lees iewers (het die knipsel gebêre, maar sal 'n soektog op tou moet sit
as ek dit wil kry) dat daar nie minder as 180 Britse gevegsaksies (oorloë)
tydens haar bewind was nie. Retief was ook 'n bouer. Hy het huise en kantore
en hekke vir Haar Majesteit se kantore en magistraatshowe gebou. Ek het die
voorreg gehad
om in sy kantoorgebou (O, ja, Retief was nie sommer so 'n jafel nie!) tydens
my studietyd aan die Rhodes Universiteit (Grahamstown) te woon. Ek en ou
Bruce Nielsen het 'n kamer gedeel in Sommerset Street 17, wat toe 'n koshuis
met die naam Oakdene was.- sy snoekerkamer! Retief kon nié voltydse
kommandant en onbetaalde huursoldaat vir die Empire wees nie... en nog sy
uitgebreide sakebelange behartig nie. Toe hy bietjie laat was met 'n
kontrak, dagvaar Haar Majesteit se Kroon hom. Hulle verklaar hom bankrot en
verwag oneindige lojaliteit "in retrurn". Toe pak hy en hy trek! Hy soek sy
VRYHEID en die vryheid van sy mense. En by Thabanchu word ons Afrikanervolk
gebore! VRY en sonder 'n Engelsman. Die Setswana-volk stuur osse na Vegkop,
vir ons mense - toe ons hulle nodig gehad het. Ek het 'n groot deel van my
lewe aan hierdie nasie, want hulle is 'n nasie in eie reg, afgestaan. Helaas
... ook hulle is hulle vryheid nie gegun nie.
Die Tweede Vryheids-Oorlog breek in September 1899 uit. Kan iemand die
stelling dat dit 'n Vryheidstryd was, betwis? Oor wie saamgery het, of wie
wie se wasgoed gewas het, kan later gepraat word. Vir die Boer was dit 'n
stryd om VRYHEID! Later sal ek u vertel om watter rede vryheid so hoog
aangeslaan was by my mense. - ek sal ook vertel van die lojaliteite -
volkslojaliteit, bodemlojaliteit en tempellojaliteit, want dié dinge is
alles deel van vry-wees en volk-wees. Ek wil u ook vertel van die
nasionalismes : Konstitisionele Nasionalisme (Grondwet-nasionalisme!),
Volksnasionalisme, Wilsnasionalisme, Totalitêre Nasionalisme en Supra- of
Wêreldnasionalisme. Ontleed hierdie begrippe en kyk by watter soort
nasioinalisme die vryheidsgedagte 'n nis het. Demokrasie impliseer 'n keuse
en 'n reg.- m.a,w, die vryheid om te wees wat jy is! Demokrasie gee jou ook
die reg om verkeerd te wees (sonder 'n "fight"!) Die Vryheidsoorlog het net
mooi "sweet all" met demokrasie te doen gehad. Ek hoop ek is VRY om dit te
doen.
Sela
.
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #16978 is 'n antwoord op boodskap #16807] |
Thu, 20 August 1998 00:00 |
Du Toit Lambrechts
Boodskappe: 8 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
dew...@zanet.co.za wrote in article ...
> My belangstelling is tans die Tweede Vryheidsoorlog. Ek bestudeer die
> werke ...... .......Die Engelse het hulle kanonne
> in 'n gebied geplaas waar hulle vasgeval het. Hulle is deur die
> boeremagte omsingel en almal is doodgeskiet.
>
Goed!
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27585 is 'n antwoord op boodskap #16807] |
Fri, 22 October 1999 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 22 Oct 1999 18:59:52 +0200, "Barrie" wrote:
<<hart kan koester. Toe die Bittereinders by die Vrede van Vereeniging die
> wapen moes neerlê, het van ons voorsate hulle gewere gevat en teen bome
> stukkend geslaan. Hulle het ná 'n bittere stryd hulle vryheid verloor - DIT
> wat die primêre dryfveer vir die aanvanklike gewapende stryd was. Enige
> student in die etologie (studie van karakter) sal hier iets heroïes bemerk ->>
Interresante gedagte: Sover ek weet was maar iets soos 20% van die wat
die oorlog begin het Bittereinders.
En n groot hoeveelheid van die wat die oorlog begin het, het dit aan
Engelse kant geeindig.
n Moerse klomp Afrikaners in die kolonies het natuurlik nie daaraan
deelgeneem nie, terwyl sommige in die kolonies wel deelgeneem het.
Miskien maak jy n fout deur die vele fasette wat n nasie in wording
(en n nasie verderaan ook) is, te ignoreer en een relatief
oppervlakkige geskeidkundige persepsie te vat en dit as algemene
waarheid te verhef?
|
|
|
Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27586 is 'n antwoord op boodskap #16807] |
Fri, 14 August 1998 00:00 |
De Waal Venter
Boodskappe: 62 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
My belangstelling is tans die Tweede Vryheidsoorlog. Ek bestudeer die
werke van dr. Breytenbach. Desember wil ek die gebied aan die Tugela
rivier besoek waar daar groot veldslae plaasgevind het, om die
terreine van nader te beskou.
Ek sal dit waardeer as mense my meer inligting kan gee oor die gevegte
in die gebied bv. 'n kollegea het my vertel van sy grootoom wat daar
gesneuwel het. Die Boeremagte het aan weerskante van 'n kloof 'n
hinderlaag vir die Engelse opgestel. Terwyl die Engelse teen die kloof
optrek het van die Boere aan die een kant begin vuur maak om hulle kos
gaar te maak. Die Engelse het die rokies gesien en teruggetrek. Die
grootoom het opgespring om die Engelse beter te kan sien en te skiet.
Hy is toe doodgeskiet.
Dan vra ek of iemand weet van die slag van Skuinshoogte. Dit het in
die omgewing van Newcastle plaasgevind. Die Engelse het hulle kanonne
in 'n gebied geplaas waar hulle vasgeval het. Hulle is deur die
boeremagte omsingel en almal is doodgeskiet.
Dankie
dewald
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27627 is 'n antwoord op boodskap #16807] |
Sat, 23 October 1999 00:00 |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Fri, 22 Oct 1999 18:59:52 +0200, "Barrie"
> wrote:
>
> > wapen moes neerlê, het van ons voorsate hulle gewere gevat en teen bome
>> stukkend geslaan. Hulle het ná 'n bittere stryd hulle vryheid verloor - DIT
>> wat die primôre dryfveer vir die aanvanklike gewapende stryd was. Enige
>> student in die etologie (studie van karakter) sal hier iets heroïes
bemerk ->>
>
> Interresante gedagte: Sover ek weet was maar iets soos 20% van die wat
> die oorlog begin het Bittereinders.
> En n groot hoeveelheid van die wat die oorlog begin het, het dit aan
> Engelse kant geeindig.
> n Moerse klomp Afrikaners in die kolonies het natuurlik nie daaraan
> deelgeneem nie, terwyl sommige in die kolonies wel deelgeneem het.
>
> Miskien maak jy n fout deur die vele fasette wat n nasie in wording
> (en n nasie verderaan ook) is, te ignoreer en een relatief
> oppervlakkige geskeidkundige persepsie te vat en dit as algemene
> waarheid te verhef?
>
Genl. Piet de Wet, Christiaan De Wet se broer, het reeds kort ná die Slag
van Sannaspos (31 Maart 1900) sy kommando verlaat en by die Britte
aangesluit.
Daar was soveel ander wat " gejoin" het. Hier bewys die Afrikaner een van
sy vele "fasette"! Elkeen wil 'n generaaltjie wees. Dissipline aan
Boere-kant het ontbreek - dit is dissipline in die militêre sin van "bevel
is bevel!" Innerlik het ons mense oor 'n ysterwil beskik! Praat van
demokrasie - elke Boere Offisier is op demodratiese wyse verkies deur sy
kommandolede. Oom so-en-so is deur neef so-en-so as leier voorgestel en dan
ingestem. Hy is net so maklik uitgestem en kon deur eie besluit bedank. In
een van die romans oor die Boere-Oorlog word gepraat van 'n kommandant
Agterom, so genaamd omdat hy altyd die vyand wou omsingel. Daar was ook 'n
Kommandant Wag 'n bietjie! Maar onthou - ons leiers was maar eenvoudige
boere, nie opgeleide soldate nie. Persoonlik voel ek Genl. De Wet kom meer
geveg het en minder gevlug het. Hy moes Pres. Steyn ook op 'n veilige plek
gelos het. Maar ander voel dit is juis hier waar die boerekrag gesetel was.
Steyn was 'n voortdurende inspirasie en baie van die strategieë wat aan De
Wet toegeskryf word, kom eintlik vir Pres. Steyn toe. Genl. De Wet en Steyn
het net een keer waarvan ek weet, woorde gehad. Dit was kort ná Sannaspos by
Bethlehem en die rede is beslis vermeldbaar: Pres. Steyn het op roekelose
wyse oop en bloot agter sy wa regop gestaan en vuur op die vyand.
Met so 'n president sal ek ook saamveg. As ons nasie net so 'n leier kon
hê!!!
Onthou een ding. Geskiedenis word eers wetenskap as dit op ge-annoteerde
( aangetekende, bewysbare) feite berus. Omdat dit so 'n wye veld dek en so
'n alles (wat is "all involving"...in Afrikaans?) aanslag op die mens maak
( emosies, geheuebeelde, pyn, smart, ens.) word dit onmoontlik om alles in
'n paar lyne saam te vat. Jy kan gerus die De Wet-Annale lees. Ek het 9 van
hulle. Destyds
(toe ek 'n kind was) het ons pennie-leggings by ons skole gehad om geld in
te samel vir Genl. De Wet se standbeeld in Bloem. Daar het geld oorgebly en
die voogde het besluit dat dit aangewend sal word vir navosing oor die
Boere-Oorog. Hierdie annale bestaan uit 'n versameling dagboeke van mense
wat aan boere- en die anderkant geveg het. JUWELE!! Hier kry 'n ou
eersterangse insette van mense wat ooggetuies was. As jy sukkel met die
Nederlands kan die oom altyd help. Thomas Packenham se boek is ook baie baie
baie goed. Dit is 'n wetenskaplike studie.
Ek het 'n dagboekie in my besit wat aan 'n predikant by Oranjerivier
Konsentrasiekamp behoort het. Daar kan jy lees watter tekse uit Die Bybel hy
tydens 'n massabegrafnis van 17 kindertjies aangehaal het. Ek het dit
nagslaan en saam met daardie boervroue gehuil. al was dit 'n 100 jaar later.
O,ja, nog 'n stukkie kosbare besit is 'n boek sonder voorblad (oud en
vergeel, maar ek het hom by die NGK Drukkers in swart leer laat bind!!) .
Die ouens by die oorlogsmuseum in Bloem reken dit is "Vegtend en Vlugtend
saam met Beyers en Kemp." Genl De La Rey was hierdie Wes-Transvalers se
hoofleier.
Genl. De La Rey was die generaal wat die boere geleer het om uit die saal te
skiet! Hy was 'n bul! eintlik 'n Leeu, want sy volksnaam het geword: Die
Leeu van Transvaal.
Net een ding nog : Kyk of daar nie historiese bronne soos ou briewe, boeke,
dagboeke (dikwels net op skool-oefeningboeke geskryf) iewers by julle of by
die bure "weggesteek" is nie. Sit die kinders aan om te soek! Op die oomblik
probeer ek ontsyfer wat 'n kommandant destyds geskryf het. Ek het 'n hele
"suit case" vol briewe en notules, ens. by iemand gekry. Alles is in
sierskrif, maar dit is totaal onleesbaar. Help ons en soek! Seëls uit die
ABO is peperduur!!! Moet dit nie weggooi nie.
Groete
Barrie
ns. Toe Lydia, my oudste dogter klein was, ry ons eendag by De Wet se
standbeeld verby. Sy merk toe op: Kyk, Pappa, daar staan Fleur!(Die naam van
genl. De Wet se perd!! ) Ek sal graag wil weet wat die ander generaals se
perde se name was. Ek dink De la Rey se perd was Nooientjie. Kan u help?
Nog 'n ns.
Die feit dat die Afrikaners in die Kolonie nie na verwagting in groot
getalle by die boerekommando's aangesluit het nie, kan baie redes hê. Een
hiervan is ekonomies van aard. Toe Kruger die driwwe sluit , het die
kolonie-boere skielik die afsetgebied vir hulle produkte verloor. Jan
Hofmeyer, die ou wat Rhodes ná die Jameson-ival as eerste minsieter opgevolg
het, was bitter ontevrede hieroor.
Miskien was dit 'n nadraai van die spoorweg-twis. Ek het altyd gewonder
waarvan die ou boere geleef het. Hulle het tog nie groot afsetgebiede gehad
nie en moes maar op wolverkope en velle, ens. staatmaak. "n Mikro-ekonomiese
stelsel! Groente en vrugte moes vinnig van die hand gesit word en toe die
spoorweë tot stilstand knars, het die slakkepas van ossewaens hierdie
ekonomie laat val. Veel meer kan hieroor gesê word.
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27628 is 'n antwoord op boodskap #27627] |
Sat, 23 October 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Barrie wrote in message ...
>
> Ferdi Greyling wrote in message ...
>> On Fri, 22 Oct 1999 18:59:52 +0200, "Barrie"
>> wrote:
>>
>> die
>>> wapen moes neerlê, het van ons voorsate hulle gewere gevat en teen bome
>>> stukkend geslaan. Hulle het ná 'n bittere stryd hulle vryheid verloor -
> DIT
>>> wat die primôre dryfveer vir die aanvanklike gewapende stryd was. Enige
>>> student in die etologie (studie van karakter) sal hier iets heroïes
> bemerk ->>
>>
>> Interresante gedagte: Sover ek weet was maar iets soos 20% van die wat
>> die oorlog begin het Bittereinders.
>> En n groot hoeveelheid van die wat die oorlog begin het, het dit aan
>> Engelse kant geeindig.
>> n Moerse klomp Afrikaners in die kolonies het natuurlik nie daaraan
>> deelgeneem nie, terwyl sommige in die kolonies wel deelgeneem het.
>>
>> Miskien maak jy n fout deur die vele fasette wat n nasie in wording
>> (en n nasie verderaan ook) is, te ignoreer en een relatief
>> oppervlakkige geskeidkundige persepsie te vat en dit as algemene
>> waarheid te verhef?
>>
> Genl. Piet de Wet, Christiaan De Wet se broer, het reeds kort ná die Slag
> van Sannaspos (31 Maart 1900) sy kommando verlaat en by die Britte
> aangesluit.
> Daar was soveel ander wat " gejoin" het. Hier bewys die Afrikaner een van
> sy vele "fasette"! Elkeen wil 'n generaaltjie wees.
Die getal joiners word op ongeveer 5000 geraam. (Dit is burgers van die
Republieke wat "aan Engesle kant geëindig het" - soos Ferdi dit stel). Dit
verteenwoordig 10% of minder van die Boeremagte (50 000 - 60 000. Die
grootste getal wat op een slag in die veld was, was 47 000)
Die getal rebelle uit die Kaap en Natal wat aan Boerekant geveg het, was
tussen 10 000 en 15 000 - twee- tot driemaal die getal joiners.
Daar was ongeveer 22 000 Boerekrygsgevangenes in oorsese kampe.
Dus: as die Bittereinders 20% van die Boeremagte was (soos Ferdi meen), gee
dit ons ongeveer 10 000 - 12 000 man.
Die 22 000 gevangenes bedra nagenoeg 40% van die Boeremagte. Saam met die
Bittereinders maak dit 60%.
Dus: Saam maak die Joiners (10%) en die Hensoppers (wat die wapen oorgegee
het, maar nie aan die Engelse kant aangesluit het nie) sowat 40% van die
totale getal Boerekrygers uit.
Ongeveer 160 000 mense van Boerekant is in konsentrasiekampe aangehou,
waarvan ongeveer 28 000 gesterf het. Dit is 18% of amper een uit elke vyf.
Teen die einde van die oorlog het nog 10 000 Transvaalse boervroue
en -kinders in die veld rondgeswerf - eerder as om die "vlugtelingkampe" van
die Britte op te soek (Hulle is deur die Transvaalse Kommando's versorg -
Bittereinders?)
Die totale blanke bevolking van die twee republieke (uitlanders ingesluit)
was ongeveer 300 000 in 1899. Hiervan was 230 000 (amper 'n kwartmiljoen) in
konsentrasiekampe, te velde as vegters, of hawelose vlugtelinge. 5 000
joiners en 15 000 hensoppers, sou ek sê, verteenwoordig nie 'n groot
persentasie van hierdie totaal nie.
Anders as Ferdie, lyk dit vir my asof die "oppervlakkige perspektief" wat
Barrie weergee (die idee dat daar iets "heroies" in die situasie is) nogal
heel verteenwoordigend is van die ervaring van die meeste mense daar.
Nou, waar dit die Kaap aangaan: Met die Vrede van Vereniging het ongeveer 10
000 Kaapse Rebelle hul stemreg vir 5 jaar verloor omdat hulle aan Boerekant
geveg het. Dit is wel waar dat daar aan die begin van die oorlog minder
steun uit die Kaap gekom het as wat die Boereleiers verwag het, maar daar is
ook 'n ander aspek van die saak:
Moderne politici reken gewoonlik dat, vir elke persoon wat 'n brief aan
hulle skryf is daar nog vyf wat dieselfde voel. Nou reken ek dat, vir elke
rebel wat die wapen vir die Boere opgeneem het, moes daar 'n hele aantal
Kaapse Afrikaners gewees het wat hom ondersteun het - heel moontlik veel
meer as vyf, as mens die vlak van "commitment" van 'n rebel vergelyk met dié
van 'n briefskrywer. Dit sou dus, dink ek, vals wees om te suggereer soos
Ferdi en Gloudina doen, dat die oorlog die Kaapse Afrikaners koudgelaat het.
Ferdi (en sy voorsate) is natuurlik vry om hulle van die ervaring van die
oorlog te dissosieer. En Gloudina en hare eweneens.
(Syfers uit Kruger 1999)
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27629 is 'n antwoord op boodskap #27627] |
Sat, 23 October 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Barrie wrote:
> Onthou een ding. Geskiedenis word eers wetenskap as dit op ge-annoteerde
> ( aangetekende, bewysbare) feite berus. Omdat dit so 'n wye veld dek en so
> 'n alles (wat is "all involving"...in Afrikaans?) aanslag op die mens maak
> ( emosies, geheuebeelde, pyn, smart, ens.) word dit onmoontlik om alles in
> 'n paar lyne saam te vat.
Barrie, ek geniet wat jy skryf geweldig. Hou asseblief so aan.Oor alles en nog
wat.
Het jy al die volgende boek gelees? "Die Vyf Swemmers" deur
C.J. Barnard. Dis 'n hervertelling, met verdere navorsing, van
"Terug na Kommando, Avonture van Willie Steyn en Vier Ander
Krygsgevangenes" wat in 1932 verskyn het. Dis die storie van
vyf bannelinge wat na Ceylon gestuur is en daar van die skip
afgespring het. Hulle het hulle weg noordwaarts gevind na Rusland,
en daarvandaan na Nederland en is toe weer terug SA toe deur
die hedendaagse Namibia en Noord-Kaap. Hulle wedervarings
in die Noord-Kaap interesseer my veral. My pa het altyd met
'n vonkel in sy oog van Manie Maritz gepraat.
Gloudina
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27630 is 'n antwoord op boodskap #16807] |
Sat, 23 October 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
PAT wrote:
Ek het jou by jou epos-adres bo-aan probeer kontak, maar
dit kom terug. Stuur jou posadres aan Ferdi Greyling by
ferd...@icon.co.za en dan kry jy glo die mees onlangse
bundel van Breytenbach, met sy handtekening in.
As jy meer inligting kry oor Generaal Kok, vertel vir ons.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27631 is 'n antwoord op boodskap #16807] |
Sat, 23 October 1999 00:00 |
PAT
Boodskappe: 141 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, ja ek het gou my ma in Kaapstad gebel, en ou Jan was
haar
oupagrootjie en het glo n taktiese fout gemaak en dis hoekom hy
gewond was ens.
Sy së ook die Packenham boek is uitstekend, nou wil ek dit graag
aanskaf, want ewe skielik stel ek nou baie belang. Blykbaar is
daar
in die V.K ook baie belangstelling in die 2nde Vryheidsoorlog,
en
nuwe boeke verskyn daaroor.
Pat
@sympatico.ca wrote in article
...
PAT wrote:
> Baie interessant wat jy skryf Barrie. Wat sê jou boeke oor n
> Gen. Kok?
Pat, sien wat ek hieronder intik uit die argiewe van onsGlobe en
Mail,
wat rapporteer oor wat honderd jaar
gelede gebeur het.
Is jy al gekontak oor jou vra vir Breyten wat 'n prys
losgeslaan het. Iemand soek jou email adres.
Gloudina
>
>
>
----------
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27632 is 'n antwoord op boodskap #16807] |
Sat, 23 October 1999 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
PAT wrote:
> Baie interessant wat jy skryf Barrie. Wat sê jou boeke oor n
> Gen. Kok?
Pat, sien wat ek hieronder intik uit die argiewe van onsGlobe en Mail,
wat rapporteer oor wat honderd jaar
gelede gebeur het.
Is jy al gekontak oor jou vra vir Breyten wat 'n prys
losgeslaan het. Iemand soek jou email adres.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Tweede Vryheidsoorlog [boodskap #27633 is 'n antwoord op boodskap #27627] |
Sat, 23 October 1999 00:00 |
PAT
Boodskappe: 141 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Baie interessant wat jy skryf Barrie. Wat sê jou boeke oor n
Gen. Kok? Hy
was glo my oupagrootjie of ooroupagrootjie of so iets. Ek sit
nou hier in Amerika en stel nogal belang in die Suid-Afrikaanse
geskiedenis (het nie
op skool belang gestel nie, dit was te "slanted" en vervelig)
maar kry natuurlik
nie veel te lese hier oor daardie onderwerp nie.
Pat
Barrie wrote in article
...
>
> Ferdi Greyling wrote in message
...
>> On Fri, 22 Oct 1999 18:59:52 +0200, "Barrie"
>> wrote:
>>
>> die
>>> wapen moes neerlê, het van ons voorsate hulle gewere gevat en teen bome
>>> stukkend geslaan. Hulle het ná 'n bittere stryd hulle
vryheid verloor -
> DIT
>>> wat die primêre dryfveer vir die aanvanklike gewapende stryd was. Enige
>>> student in die etologie (studie van karakter) sal hier iets
heroïes
> bemerk ->>
>>
>> Interresante gedagte: Sover ek weet was maar iets soos 20% van die wat
>> die oorlog begin het Bittereinders.
>> En n groot hoeveelheid van die wat die oorlog begin het, het dit aan
>> Engelse kant geeindig.
>> n Moerse klomp Afrikaners in die kolonies het natuurlik nie daaraan
>> deelgeneem nie, terwyl sommige in die kolonies wel deelgeneem het.
>>
>> Miskien maak jy n fout deur die vele fasette wat n nasie in wording
>> (en n nasie verderaan ook) is, te ignoreer en een relatief
>> oppervlakkige geskeidkundige persepsie te vat en dit as algemene
>> waarheid te verhef?
>>
> Genl. Piet de Wet, Christiaan De Wet se broer, het reeds kort ná die Slag
> van Sannaspos (31 Maart 1900) sy kommando verlaat en by die Britte
> aangesluit.
> Daar was soveel ander wat " gejoin" het. Hier bewys die Afrikaner een van
> sy vele "fasette"! Elkeen wil 'n generaaltjie wees. Dissipline aan
> Boere-kant het ontbreek - dit is dissipline in die militêre sin van "bevel
> is bevel!" Innerlik het ons mense oor 'n ysterwil beskik! Praat van
> demokrasie - elke Boere Offisier is op demodratiese wyse verkies deur sy
> kommandolede. Oom so-en-so is deur neef so-en-so as leier voorgestel en dan
> ingestem. Hy is net so maklik uitgestem en kon deur eie besluit bedank. In
> een van die romans oor die Boere-Oorlog word gepraat van 'n kommandant
> Agterom, so genaamd omdat hy altyd die vyand wou omsingel. Daar was ook 'n
> Kommandant Wag 'n bietjie! Maar onthou - ons leiers was maar eenvoudige
> boere, nie opgeleide soldate nie. Persoonlik voel ek Genl. De Wet kom meer
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Wed Dec 25 02:22:00 UTC 2024
|