subjektief [boodskap #127602] |
Fri, 30 August 2019 06:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
subjektief
Afbreking: sub•jek•tief
Byvoeglike naamwoord: subjektief
Vergrotende trap: subjektiewer
Oortreffende trap: subjektiefste
Attributief: subjektiewe
Partitief: subjektiefs
Betekenis:
• Beïnvloed deur persoonlike menings, belange of idees. Partydig, bevooroordeeld en nie noodwendig korrek nie.
Gebruik:
• Sy is subjektief wat haar kinders betref en wil nie die waarheid hoor nie.
Antoniem:
• objektief
Verwant:
• subjektiwiteit
Afkorting:
• subj.
Vertaling:
Engels: subjective
Nederlands: subjectief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|