| dawer [boodskap #127589] |
Wo., 28 Augustus 2019 08:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24719 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dawer
Afbreking: da•wer
Werkwoord: dawer
Verlede tyd: het gedawer
Teenwoordige deelwoord: dawerend, dawerende
Betekenis:
• Om onder groot lawaai voort te beweeg.
• Om dreunend oor 'n gebied te trek; swaar dowwe geluid maak.
Gebruik:
• Die swaar vragmotor dawer oor die spoorwegoorgang.
• "Ja nee," sug die man en sy stem dawer deur die nagstilte.
Sinoniem:
• bulder
• dreun
Antoniem:
• sluip
Verwant:
• dawering
• dawerlag
• dawerstem
Vertaling:
Engels: to roar, rumble, thunder
Nederlands: daveren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|