Betekenis:
• Die lug wat deur die mond of neus ingeneem en weer uitgeblaas word.
Gebruik:
• Die drawwer hyg na sy asem.
• Sy bors het toegetrek en hy kon nie meer asem kry nie.
Spreekwoord:
• Jou laaste asem uitblaas. [Sterf.]
• In een asem noem. [Saam noem.]
• Lank van asem wees. [Langdradig wees.]
• Hy het 'n kort asem. [Hy word gou moeg.]
• Jou asem mors. [Tevergeefs oor iets praat.]
• Jou asem ophou. [Vrees dat iets sal gebeur.]