aflei [boodskap #127558] |
Sun, 25 August 2019 10:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aflei
Afbreking: af•lei
Samestelling: af + lei
Werkwoord: lei af, aflei
Verlede tyd: het afgelei
Betekenis:
• Gedagtes aftrek; iemand se aandag wegvat van waaraan hy of sy dink.
• 'n Gevolgtrekking maak; tot die insig/slotsom kom; begryp; verstaan.
• Ondertoe lei; na benede neem.
Gebruik:
• Ek probeer werk, moenie my aandag aflei nie.
• Ek kon uit sy woorde aflei dat dit 'n sukses was.
• My pa kom in terwyl ek my meisie stilletjies by die trappe aflei.
Verwant:
• afleiding
Vertaling:
Engels: to distract, avert; to derive, gather; to lead away, lead down
Nederlands: afleiden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|