Betekenis:
• (plantkunde) 'n Kruidagtige plant met 'n knolagtige wortelstelsel, familie Solanaceae.
• (voeding) Die eetbare, styselryke knol van die plant; 'n soort groente wat onder die grond groei.
Gebruik:
• Net die aartappel se knol word geëet, omdat die bogrondse groen gedeelte giftig is.
• Vir baie mense is aartappels, saam met vleis en groente, die standaard hoofmaal.
Spreekwoord:
• Hy is 'n ongeskilde aartappel. ['n Ongemanierde vent.]
• Daar is 'n aartappel in jou kous. [Jou kous is stukkend.]